Oor Ons
 

Voermol se trotse geskiedenis van vernuwing en groei het in 1958 begin met 'n visie dat dierevoer uit melasse en bagasse vervaardig kon word, beide byprodukte van die Tongaat-Suikermeul wat langs Voermol Voere in Maidstone, KwaZulu-Natal, geleë is. Aan die einde van Januarie 1962 het die eerste sakke Voermol Meel van die produksielyn afgerol en het Voermol die eerste maatskappy in Afrika, en moontlik die wêreld, geword wat daarin kon slaag om 'n samestelling van melasse en bagasse kommersieel te kon produseer. Daardeur het hulle melasse wat moeilik hanteer, omgeskakel na 'n produk wat met gemak, op sy eie of met ander voere gemeng, gebruik kon word.

Voermol se Produkontwikkelingsprogram

Voermol se Produkontwikkelingsprogram is nog altyd deur navorsing gelei. Voermol besit 'n goed toegeruste laboratorium.  Voermol se Laboratorium het in Maart 2010 ISO 9001:2008 sertifisering ontvang.  ISO 9001 implementering in Voermol se Laboratorium verseker dat alle gehaltebeheerstelsels in plek is, al die toerusting behoorlik in stand gehou en die akkuraatheid van die analises noukeurig gemonitor word.  Voermol verseker dat produkte geëvalueer word en nuwe voerstelsels op verskeie plase vir navorsingsdoeleindes ontwikkel word. Sommige van Voermol se merkwaardigste prestasies in die dierevoermark tot dusver was:
  • Die bekendstelling van Vloeibare Voere in die vroeë sestigs
  • Die gebruik van droë-seisoen Onderhoudslekke
  • Die voer van heelmielies in vleisbees afrondingsrantsoene
  • 'n Eenvoudige en foutvrye kafeteriastelsel vir die afronding van beeste en skape in ‘n plaasvoerkraal.
  • Die verpakking van Vloeibare Voere in houers wat gereed is om as Vloeibare Voer vir graanverryking gebruik te word
  • Die ontwikkeling van ons Beefmaker-stelsel wat ad lib voeding van 'n Konsentraat behels en die boer in staat stel om sy eie mielies te gebruik sonder enige maal of vermenging
  • Die bekendstelling van Aanvullende Voere, aanvullend tot droë- en natseisoenweiding in blokvorm wat maklik hanteer, gereed is om te gebruik en 'n wye reeks essensiële spoorminerale voorsien.  

50 Jaar van Uitstaande Produkte & Diens

Huidiglik bied Voermol Voere 'n wye reeks van kwaliteit melassegebaseerde veevoere. Dit is deur die ontwikkeling en bemarking van uitstaande, koste effektiewe produkte oor die laaste 50 jaar, asook die bou van langtermyn verhoudings met boere, landboumaatskappye en verskaffers, deur 'n hoogs gemotiveerde groep professionele, toegewyde mense dat Voermol gevestig is as die onbetwiste leier in die Suid Afrikaanse Veevoermark.
 
Voermol Voere is 'n afdeling van Tongaat Hulett.  Tongaat Hulett is gefokusop landbou- en verwante landbouverwerkingsaktiwiteite met 'n 25% SEB aandeelhouding in die maatskappy. Besigheidsaktiwiteite sluit in die bestuur en ontwikkeling van grond en eiendom, die produksie en verwerking van suiker, die vervaardiging van stysel en glukose asook ander landboukomponente. Tongaat Hulett is 'n dinamiese en snel groeiende organisasie met besigheidsbelange regdeur Suidelike Afrika. Die maatskappy is in 'n uitstekende posisie om voordeel te trek uit die deurlopend veranderende landbouomgewing wat ontsluit word deur hernieubare energiebronne en 'n billike internasionale handelsomgewing vir landbou.

Vind u agent en plaaslike voorraadhouers

KIES U PROVINSIE
KIES U PROVINSIE