2012 Nasionale Bees- en Skaapboer van die Jaar
Die skaapboer uit die Ruensgebied en die Oos-Vrystaatse beesboer wat vanjaar met die louere as Voermol se veeboere van 2012 weggestap het. Van links is mnre. Wol
f
Edmayr, besturende direkteur van BKB, Jan-Paul Kempen (Skaapboer van die Jaar) en sy vrou Linden van die plaas Amerika in die distrik Bredasdorp, mnre. Philip Strydom, besturende direkteur van Voermol, Linde du Plessis (Beesboer van die Jaar) van die plaas Blomhoek in die distrik Fouriesburg, Jan
van Zyl
, hoof van landbou-Inligting en bemarking van ENB, Koos du Plessis (Beesboer van die Jaar) en Hugo Lochner, redakteur van Landbouweekblad. Kempen boer op sowat 5 800 ha met meer as 8 000 Dohne-Merino-ooie en Du Plessis op sowat 6 400 ha met onder meer ’n Brahman-stoetery en kommersiële beeskruisings. Foto: Johan Norval
Die skaapboer uit die Ruensgebied en die Oos-Vrystaatse beesboer wat vanjaar met die louere as Voermol se veeboere van 2012 weggestap het.
Veeboere van 2012
In foto 1
(skaapwenners) is van links mnr. Jan van Zyl, hoof van landbou-inligting en bemarking van ENB, mev Linden Kempen en haar man, Jan-Paul, (Skaapboere van die Jaar) en mnr. Wolf Edmayr, besturende direkteur van BKB. Kempen, van die plaas Amerika in die distrik Bredasdorp, boer op sowat 5 800 ha met meer as 8 000 Dohne-Merino-ooie.
In Foto 2
(beesboerwenners) is van links mnre. Philip Strydom, besturende direkteur van Voermol. Linde du Plessis (Beesboer van die Jaar) van die plaas Blomhoek in die distrik Fouriesburg, en sy seun, Koos, en Hugo Lochner, redakteur van Landbouweekblad. Du Plessis boer op sowat 6 400 ha met onder meer ’n Brahman-stoetery en kommersiële beeskruisings. Foto’s: Johan Norval
Wenners se Boeredae: 2011 Beesboer Van Die Jaar

Die land se voorste bees- en skaapboere vir 2011 wat op die jaarlikse aanwysingsplegtigheid van Voermol in Bloemfontein vereer is. Van links is mnre. Charl en Sarel Saunderson (Nasionale Skaapboere van die jaar), Wolf Edmayr (besturende direkteur: BKB), dr. Jasper Coetzee (tegniese direkteur: Voermol), Jan de Jong (landboubestuurder: ENB), Gerrit van Zyl (Nasionale Beesboer van die jaar) en Hugo Lochner (redakteur: Landbouweekblad). Foto: Johan Norval, Landbouweekblad.
Voermol se wenners uit NK en Vrystaat
'n Pa-en-seun-kombinasie van die dorre Noord-Kaap en 'n deeltydse Vrystaatse boer is onderskeidelik as Voermol se Nasionale Skaapboere en Beesboer vir 2011 aangewys.
Dié eer het op mnre. Sarel en Charl Saunderson van die Nooitgedacht-Dorperstoetery in die distrik Kenhardt en Gerrit van Zyl van die Straussfontein-Bonsmarastoetery in die distrik Dewetsdorp geval. Die wenners het onder meer elk 'n kontantprys van R25 000 van die borge BKB en Eerste Nasionale Bank losgeslaan.
Van Zyl is onder meer geloof vir die toepassing van sy veldbestuurstelsel waarvolgens hy in staat is om die dravermoë van sy grond al met 30% bo die norm van die omgewing te verhoog. Hy volg ook 'n bepaalde reproduksieprogram met 'n betreklik kort dektydperk vir sy verse en beoordeel sy beesproduksie ingevolge 'n sonderlinge doeltreffendheidsmaatstaf, die globale winsindeks, wat hy ontwikkel het.
Die Saundersons spog onder meer met 'n speenpersentasie van 142,7 wat getuig van hulle doeltreffende reproduksiebestuur in 'n gebied met 'n lae jaarlikse gemiddelde reënval van 132 mm. Deeglike weiveldbestuurskennis word toegepas om die veld se drakrag te verbeter en vrugbaarheid, aanpasbaarheid en moedereienskappe is van die bepaalde seleksiedoelwitte wat hulle nastreef.
Wenners se Boeredae: 2010 Beesboer Van Die Jaar
Wenners se Boeredae: 2010 Skaapboer Van Die Jaar
Wenners se Boeredae: 2009 Beesboer Van Die Jaar
Wenners se Boeredae: 2009 Skaapboer Van Die Jaar