Welkom by

50 Jaar van Uitstaande Produkte en Diens

Voermol Voere vervaardig ’n wye reeks kwaliteit VELDAANVULLINGS wat aan die behoeftes van weidende diere onder feitlik alle toestande sal voldoen, insluitende: Onderhoudslekke, Mineraallekke, Oorgangslekke, Produksie- en Energielekke.

Ons vervaardig ook ’n wye reeks KONSENTRATE vir die tuismeng van ’n groot verskeidenheid voere: Afrondingsrantsoene vir beeste, skape en bokke; Suiwelmele; Volledige suiwelvoere; Voere vir vervangingsdiere, stoetdiere, wild; en Kruipvoer.

Daarbenewens kan ons reeks VLOEIVOERE vir die volgende aangewend word: die verryking en verbetering van grane; vloeibare proteïenlekke; die verryking van laegraadse ruvoere; die bewaring van graskuilvoer; die bewaring van droogtemieliekuilvoer; die voorkoming van vermorsing van onsmaaklike laegraadse ruvoere; en vir bees- en skaapvoerkrale.

Vir meer besonderhede, nader asseblief jou naaste agent deur op die kaart op die dorpe in jou omgewing te kliek. Jou gebied sal verhelder en die toepaslike agent se kontakbesonderhede sal vertoon word. Andersins, kliek op die produk waarin u belangstel en u kan 'n e-pos aan die betrokke Tegniesebestuurder of die Voermolagent stuur.

Vind u agent en plaaslike voorraadhouers

KIES U PROVINSIE
KIES U PROVINSIE