ISO 9001:2008 SERTIFISEERING VIR VOERMOL LABORATORIUM
Deur Zeno Bester - 06 April 2010
ISO 9001:2008 SERTIFISEERING VIR VOERMOL LABORATORIUM
Voermol se Laboratorium het in Maart hierdie jaar ISO 9001:2008 sertifisering ontvang.
ISO (Internasionale Organisasie vir Standaardisasie) is 'n stel standaarde wat ontwikkel is om vervaardigers beheer oor alle stelsels en produkte te verseker. ISO 9001 is primêr gebaseer op die HACCP (Risiko-ontleding van kritieke beheerpunte) en fokus op die beheer van die groot risikofaktore van die produksieproses. Verskillende standaarde soos ISO 9001 (Gehaltebestuurstelsel), ISO 14000 (Omgewingsbestuurstelsels) en ISO 22000 (Voedselbestuurstelsel) kan geïmplementeer word om risiko’s in 'n produksie-omgewing te verminder en beheer van alle prosesse moontlik te maak.
ISO 9001 implementering in Voermol se Laboratorium verseker dat alle gehaltebeheerstelsels in plek is, al die toerusting behoorlik in stand gehou en die akkuraatheid van die analises noukeurig gemonitor word. Die ISO 9001:2008-registrasie asook die feit dat Voermol se laboratorium by Agrilasa (National body of agricultural laboratories) geakkrediteer is, verseker Voermol se voortdurende beheer oor die gehalte van produkte wat die fabriek verlaat.