VOERMOL BY NAMPO 2010

VOERMOL BY NAMPO 2010

Voermol Voere wil graag ’n hartlike uitnodiging rig aan all boere om die Voermol Voere-stalletjie, wat reg wes van die Vee-kompleks geleë is, te besoek. Daar sal u die geleentheid hê om u diere se voedingsbehoeftes met die Voermol-verkoopspan, sowel as ons tegniese deskundiges, dr. Jasper Coetzee, Ulrich Müller en Hendrik van Pletzen, te bespreek.

Met die groot mielieoes wat in 2010 verwag word, en ’n mielieprys wat reeds tekens toon dat dit wesenlik laer sal wees as wat oorspronklik verwag is, gaan dit gebiedend noodsaaklik wees dat u die maksimum waarde uit u oes verkry. ’n Baie doeltreffende manier om dit te doen sal wees om u mielies te gebruik om u lewende hawe te voer. Vergun ons om die toegevoegde voordeel vir u te bereken indien u Voermol-produkte saam met u mielies gebruik.

Daar sal ’n aantal Voermol-produkte op promosie wees gedurende die Nampo-oesfees, met inbegrip van die algemeen gebruikte konsentrate Voermol SB 100 (V4498) en Voermol SS 200 (V 8592) vir die afronding van bees en lam onderskeidelik, sowel as Voermol Landelek (V 15414), wat baie doeltreffend en winsgewend bewys is wanneer dit vir herkouers gevoer word wat op weimielies wei.

Boere wat hul bestellings vir hierdie produkte tydens die Nampo-oesfees by die Voermol-stalletjie plaas, sal nie slegs die beste pryse kry nie, maar sal ook kwalifiseer om ’n baie gesogte Voermol-baadjie te ontvang wat saam met die produk afgelewer sal word in die weke wat volg op Nampo.

Die Voermol Voere-stalletjie by Nampo het nog altyd ’n spesiale aantrekkingskrag gehad en hierdie jaar sal nie anders wees nie. Gesinne is welkom om in te val vir iets kouds om te drink of vir ’n warm koppie tee of koffie en om die lewende tentoonstelling van beeste, skape en bokke in ’n aangename omgewing te besigtig.

Ons sien daarna uit om u by die Nampo-oesfees te verwelkom. Voer ons u probleme … Voermol, die leiers in aanvullende voeding, sal vir u die oplossings voer.

Voermol Boeredae

Woensdag,30 Mei 2012
Beesproduksiekursus BEKYK ALLE GEBEURTENISSE


VOERMOL DUNDEE LEKKONSENTRAAT