Voermol Vereer Beste Veeboere

Voermol Vereer Beste Veeboere 

Johan Norval (Landbouweekblad)
 
’n Vrystaatse pa en seun en twee broers van die Oos-Kaap is onderskeidelik Voermol se Skaap-en Beesboere van die Jaar.
Mnre. Theo en Piet Delport van Bismarck-boerdery boer met Merino’s in die distrik Wesselsbron en met Afrino’s naby Smithfield. Hulle is onder meer vereer vir uitstekende veldbestuur en waardetoevoeging tot mielies deur jaarliks ongeveer 18 000 Merino- en Merino-tipe lammers te koop.
 
Die beesafdeling is gewen deur mnre. Thero en Vian Wink van die plaas Groenland in die distrik Barkly-Oos. Hulle is kommersiële vleisbeesboere wat die afgelope 15 jaar lank ’n driehoek-kruisteelstelsel gebruik en basterkrag maksimaal benut. Hulle gebruik slegs toppresterende, rasegte Angus-, Brahman- en Simmentaler-bulle uit vrugbare moeders in hul stelsel.
 
 
 
Die broers Thero (naaslinks) en Vian Wink (regs) van die plaas Groenland naby Barkly-Oos is Voermol se Beesboer van die Jaar. Hul vroue, mevv. Anri (middel) en Annatjie, hou die eerbewys vas. Links is mnr. Jan van Zyl van Eerste Nasionale Bank. 
 
 
 
Die naaswenners in die beesafdeling was mnr. Carl Durow (naaslinks) en sy vrou, Carien, van die C.F. Durow-trust, Clocolan,
en mnr. Jaco Maritz (regs) en sy vrou, Bessie, van die plaas Nuwejaarshoek naby Memel. Saam met hulle is mnre. Arnold Brand (links), voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, en Hugo Lochner, redakteur van Landbouweekblad. 
 
 
 
Mnre. Piet en Theo Delport van Wesselsbron is Voermol se Nasionale Skaapboer van die Jaar. Mnr. Piet Delport (naasregs) en sy vrou, Miluschka, het die trofee ontvang. Links is mnr. Philip Strydom, besturende direkteur van Voermol, en regs is mnr. Mike Latsky, hoofbestuurder van handel by BKB. Delport sr., voorsitter van Merino SA, was siek ten tyde van die oorhandiging.
 
 
 
Trotse finaliste in die skaapafdeling is mevv. Monika van Aardt (derde van links) en haar man, Willem (links), en mev. Elize van Aardt en haar man, Acton (regs). Agter, van links, is mnr. Harry Prinsloo, ondervoorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging, prof. Johan Greyling van die departement vee-, wild- en weidingkunde aan die Universiteit van die Vrystaat en mnr. Hendrik van Pletzen van Voermol. 
 
 
 
Die broers Boeta (links) en Kosie Wessels (regs) van Karsrivier naby Bredasdorp, was finaliste in die skaapafdeling. Hul vroue, mee. Cecilia en Marlene Wessels, hou die benoemingsertifikaat vas, met prof. Johan Greyling van die departement vee-, wilden weidingkunde aan die Universiteit van die Vrystaat tussen hulle. Naasregs is mnr. Hendrik van Pletzen van Voermol.