WENNER: NASIONALE KARKASKOMPETISIE 2009

WENNER:
SAMIC NASIONALE KARKASKOMPETISIE 2008/9

Mnr Erich Heroldt het die Nasionale Karkaskompetisie 2009 gewen met ʼn Bonsmara os uit sy eie kudde. Wat die prestasie besonder maak is dat Mnr Haroldt die kompetisie gewen het met ʼn os wat hy self geteel het en die wenner is in sy eie voerkraal gevoer. Die os het ‘n punt van 99.97 behaal uit ʼn moontlike 100 punte. Voorwaar ʼn besonderse prestasie.

Die Bonsmara kudde van Snowy River Ranches is sowat 25 jaar gelede deur Mnr JP Heroldt, pa van Erich, begin. Die kudde bestaan uit 300 opregte Bonsmara koeie wat in ‘n kruisteelprogram met Simmentaler- en Limousin bulle gedek word. Die koeie is besonder goed aangepas en word streng volgens vrugbaarheid en speenmassa geselekteer. Mnr Heroldt volg ʼn eenvoudige en koste-effektiewe lekprogram wat ʼn hoë speenpersentasie vanaf produktiewe koeie verseker. In die somer word van ʼn minerale lek gebruik gemaak, nl. Voermol Rumevite P12 (V 11994) gemeng met gelyke dele sout. In die winter word ʼn proteïen- of winterlek gebruik nl. Voermol Premix 450 (V 4676). Indien nodig word ʼn produksielek aan lakterende koeie asook verse gedurende die laat winter voorsien. Kalwers word op sowat sewe maande ouderdom gespeen met ʼn speenmassa van tussen 240kg en 260kg.

Die bulkalwers word in ‘n Fase D toets op die plaas geevalueer. Die beste van die getoetste bulle asook dragtige verse word aan kommersiële telers verkoop. Die bulle en verse van Snowy River Ranches is landwyd in aanvraag. Mnr Heroldt skryf sy sukses toe aan die aanpasbaarheid van sy diere en sy waarborg om te verseker dat elke koper gelukkig is met sy aankope.

Jaarliks word sowat 3 000 speenkalwers in die voerkraal op die plaas net buite Dwaalboom afgerond. Die rantsoen bestaan uit Voermol SB 100 (V 4498), Hominy Chop en hooi. Speenkalwers word op die veld vir die voerkraal voorberei (Backgrounding) met ‘n aanvulling bestaande uit Voermol SB 100, Voermol Procon 33 (V 12701) en Hominy Chop. Kundige insette word gelewer deur Malcolm Moodie, Voermol Agent.

Snowy River Ranches is gereeld ʼn wenner op skoue en kompetisies in die omgewing soos die Thabazimbi-, Rustenburg- en Pretoria skou.

Kontak besonderhede:
Erich en Krystel 082-472 7421, 014-778 0784 of snowyriver1@yahoo.com.

Malcolm Moodie (Voermol Agent), Krystel en Anri Heroldt, Erich Heroldt en Mev Haroldt senior. 
 
 
 \
 
 

Wen karkas met 99.97 punte 
 
 
 
 
 

Voermol Boeredae

Woensdag,30 Mei 2012
Beesproduksiekursus BEKYK ALLE GEBEURTENISSE


VOERMOL DUNDEE LEKKONSENTRAAT