ZA WALTERS BEHAAL GOUE EN BRONS TOEKENNINGS
Z A Walters, ‘n graad 10 leerling aan die Graafwater Hoërskool, het ‘n projek geloods om die ekonomiese lewensvatbaarheid te bewys van ‘n vetmakende rantsoen wat tuis vermeng word en saam met roustowwe wat self geproduseer is te gebruik saam met ‘n oorimplantasie, in vergelyking met aangekoopte vetmakende pille om lammers in ‘n voedingsarea vet te voer. ‘n Goeie lewende gewigsmassa en ‘n hoër slagpersentasie is behaal.
Voermol Korn Kandy (V1551) se behandelde graan is gebruik vir die suksesvolle vetvoering van die lammers, en Voermol SS 200 (V8592), ‘n vetmakende konsentraat wat die lammers finaal voorberei, is saam met sy tuismengsel gebruik.
Hy het ‘n Goue Medalje verower by die Eskom Expo op Stellenbosch, waar sy projek as die beste in die Landboukundige afdeling bekroon is. Daarna het hy sy provinsie op die Nasionale Expo vir Jong Wetenskaplikes verteenwoordig waar hy ‘n bronsmedalje verower het. Voermol wens hom van harte geluk met sy voortreflike prestasies.