VOERMOL – GWK SE TOPVERSKAFFER IN 2009

VOERMOL – GWK SE TOPVERSKAFFER IN 2009
Clivé Burger (Foto en kopie)

GWK, met sy hoofkantoor in Douglas, wys jaarliks ’n ‘Verskaffer van die Jaar’ aan. Die aanwysing geskied op grond van sake gedoen met die koöperasie. 
Vanjaar is dié geselligheid gehou by die Magersfontein Memorial Gholf Estate geleë naby die Modderrivier in die Noord-Kaap. Net die top 20 verskaffers word jaarliks na dié saamkuier genooi, waar die verskaffers in die verskillende afdelings (soos onder meer DIY, meganisasie, voorraad, besproeiing) aangewys is.
Voermol is vanjaar as die algehele ‘Verskaffer van die Jaar’ aangewys.
 
Foto:

Van links is Rocky le Roux, Bestuurder: kleinhandel van GWK, Schalk Erlank, verteenwoordiger van Voermol in die Kimberley-streek, Johan van Dyk, Besturende Direkteur van GWK, Jannie Louw, Hoofbestuurder: handel van GWK, Leon van Dijkhorst van Bethlehem, Streekbestuurder van Voermol in die sentrale streek, en Philip le Roux, Bestuurder: Sentrale aankope van die handelsafdeling van GWK in Douglas.