DOELTREFFENDE SKAAPBESTUURSPROGRAM ONONDERHANDELBAAR VIR HOOGS WINSGEWENDE SKAAPBOERDERY

Wat is die hoofdoel van 'n Skaapbestuursprogram?

  • Om nie te vergeet om 'n aktiwiteit uit te voer nie (bv. toediening van 'n skraagdosis).
  • Om die korrekte aktiwiteit op die regte tyd reg uit te voer om die bes moontlike diereprestasie te verseker. Dit sluit die gebruik van 'n doeltreffende produk in. Die duurste produk is altyd die een wat nie gewerk het nie.
  • Verskaf 'n onmiddellike rekord van wat in 'n kudde gedoen is wat kan help om 'n probleem makliker op te spoor.
  • Baie skaapprodusente sukkel met lae winsmarges weens die gebruik van verouderde bestuur-, voeding- en seleksiepraktyke asook die gebruik van verouderde tegnologie. Wanneer die nuutste praktyke gelyktydig en korrek toegepas word, het dit 'n sinergistiese effek wat tot superieure diereprestasie en hoë winsgenerering aanleiding gee.

Hoe word 'n Skaapbestuursprogram opgestel?
  • Kies eers die paardatum.
  • Deel die jaar op 'n weeklikse grondslag in en ken maksimum drie aktiwiteite per week toe.
  • Vul eers die "vaste datums" soos paartye, skandering, lamtye, speentye, veilings, skoue, vakansie, ensovoorts in om onnodige botsings te vermy wat soms daartoe lei dat 'n aktiwiteit nie uitgevoer word nie.
  • Vul dan entings vir klostridiale siektes, pasteurella, bloutong, slenkdalkoors, ensoötiese aborsie, ensovoorts in.
  • Res van die aktiwiteite soos dosering, skeer, dip, ensovoorts word op die mees geskikte tye ingevul.

Waaruit bestaan 'n Skaapbestuursprogram?
  • Alle aktiwiteite wat met skape gedoen gaan word.
  • 'n Enting- en doseerprogram moet met behulp van 'n veearts opgestel word.
  • 'n Voedingsprogram, spoorelement- en vitamienaanvullings moet met behulp van 'n voedingskundige opgestel word.

Is 'n basiese Skaapbestuursprogram beskikbaar?
  • 'n Elektroniese Skaapbestuursprogram met 'n byvoedingsprogram is beskikbaar wat die basiese aktiwiteite aantoon en wat met behulp van kundiges vir elke spesifieke plaas pasgemaak* kan word (sien 'n uittreksel uit die program hieronder).

 


 

Stadium

Datum

Aksies

Produkte

Prikkelvoeding

25 Maart 2012

Skuif ooie na spaarkampe & verskaf vir 'n ses weke periode 'n prikkelvoer (Voermol Winslekkorrels of 'n Voermol Maxiwollek) teen 300 tot 400 g/ooi/dag.

*

Koggelramme in

5 April 2012

Koggel ooie vir 10 dae

 

Teelramme in

15 April 2012

Paar ooie vir 35 dae

 

Teelramme uit

20 Mei 2012

Haal ramme uit & ent hulle met lewendige entstowwe teen heersende siektes.

*

Skandering

1 Julie 2012

Skandeer ooie en skot oorslaanooie uit

 

Voorbereiding van laatdragtige ooie

28 Julie 2012

Nodige entings, dosering & voorsien 'n Maxiwollek teen 300 tot 500 g/ooi/dag.

*

Lamtyd

8 September 2012

Ooie begin lam; plaas ooie wat gelam het
in lamhokke; voorsien byvoeding aan lammerooie (Voermol Maxiwollek of 'n volledige Lammerooirantsoen) en kruipvoeding aan lammers.

*

*   'n Immuniserings- en doseerprogram word met behulp van die plaaslike veearts en/of die Tegniese verteenwoordiger van 'n Dieregesondheidsmaatskappy opgestel.

 

'n Basiese Skaapbestuursprogram, wat deur kundiges vir elke spesifieke plaas opgestel is, is ononderhandelbaar om 'n hoogs winsgewende skaapboerdery te verseker.  (Foto:  AJ Burger, Sutherland).  'n Resep om maksimum wins te genereer, is om nie op enting, dosering en voer te bespaar nie (Vizard, 2002).



SOEK ARTIKELS

Sleutelwoord, Produk of Skrywer

TEGNIESE SPAN

Hendrik van Pletzen - Tegniese Bestuurder:
Vleisbeesbestuur, voeding, weidings, produksiestelsels en ekonomie.

Technical Manager - Tegniese Bestuurder:
Suiwel- en Pluimveevoeding, Gehaltebeheer & Produkontwikkeling

Ulrich Müller - Tegniese Bestuurder:
Voerkraal-, Wild- & Volstruisvoeding

Voermol - Tegniese Direkteur:
Voeding, Bestuur & Kleinveeteling