HOEKOM VERKIES MEESTE SA BEESBOERE VOERMOL SE PROTEÏENLEKKE?

  • Voermol proteïenlekke word deur beesboere verkies weens hulle unieke eienskappe en die wye keuse van Voermol proteïenlekke wat beskikbaar is om proteïen-, mineraal-, spoorelement- en vitamientekorte op enige tipe droë weiding aan te vul.
  • Sommige Voermol proteïenlekke bevat natuurlike proteïen (deurvloeiproteïen) wat uitstekende diereprestasie verseker.
 
Wat is die unieke eienskappe van Voermol se melassegebaseerde Proteïenlekke?
 
  • Ureum word in melassestroop opgelos wat die risiko van ureumvergiftiging verminder.
  •  Die relatief lae pH van Voermolprodukte verseker dat die ureum stadiger in die rumen tot ammoniak afbreek wat die risiko van ureumvergiftiging verminder. Die stadiger beskikbaarstelling van ammoniak verseker doeltreffender benutting daarvan deur die mikrobes in die rumen.
  • Die energie in melasse is onmiddellik vir die mikrobes in die grootpens beskikbaar. Dit verseker doeltreffender benutting van ureum wat die gevaar van ureumvergiftiging verder verlaag.
  • Melasse is ryk aan kalium wat matig lakserend is en gevolglik help om droë galsiekte in diere op droë weiding te voorkom.
  • Melasse is smaaklik en verseker ook dat lekke nie stowwerig is nie wat meehelp om die voorgeskrewe lekinnamepeile te bereik en terselfdertyd verhoed dit dat die lekke wegwaai.
  • Voermol bemark 'n reeks melassegebaseerde rumenstimulerende proteïenlekke wat in verskillende vorms (los lek, blok en vloeistof); formaat (klaargemeng en gereed om te gebruik en selfmeng); met hoë of lae fosforinhoud beskikbaar is en wat hoë vlakke van al ses noodsaaklike spoorelemente asook makrominerale en Vitamien A bevat. Daar kom dikwels groot verskille tussen plase voor weens verskeie faktore (bv. verskille in grondtipes; klimaatstoestande; weidingsamestelling en –spesies; weiding- en dierebestuurspraktyke; ensovoorts) wat dit noodsaak om aanpassings aan bestaande lekaanvullingspraktyke en -resepte te maak om optimum respons te kry.

Wat is die doel met die voorsiening Voermol Proteïenlekke?

  • Die aanvulling van die ontbrekende voedingstowwe in droë weiding stimuleer die diere se eetlus; bevorder die vertering van droë weiding wat dan weidingsinname met tot 20 % kan verhoog. Dit beperk kondisie- en massaverlies waardeur vrugbaarheid bevorder word. Sonder voldoende proteïenaanvulling via lekke op droë weiding bereik teelkoeie nie hulle teikenkondisie met aanvang van die paarseisoen nie en het dit swak besetting en gevolglik laer kalfpersentasies tot gevolg.
  • Diereprestasie en optimale funksionering van die immuniteitstelsel word nadelig beïnvloed indien diere aan 'n proteïentekort op droë weiding en oesreste blootgestel word. 'n Lae weerstand weens swak immuniteit maak diere meer vatbaar vir bakteriese en virussiektes terwyl diere ook swakker sal immuniseer wanneer hulle geënt word.

Regte keuse van Proteïenlekke vir vleisbeeste
  • Deur die regte Voermol Proteïenlek vir 'n spesifieke omstandighede te kies, sal nie net verseker word dat die diere maksimum voordeel uit die beskikbare droë weiding kry nie, maar ook koste-doeltreffende diereproduksie verseker.
  • Die volgende klaargemengde droëseisoenlekke is vir vleisbeeste beskikbaar. Voermol Premix 450 (V4676) vir baie strawwe winters; EG Lek (V22522) vir suurveldgebiede met matige tot strawwe winters; Bovelderlek (V19218) vir laer lekinnames waar tradisionele winterlekke se innames te hoog is (bv. suurveldgebiede); Hoëveldlek (V16150) vir hoër fosforaanvulling; Dundee Lekkonsentraat (V10737) met of sonder ekstra fosfor vir selfmeng (sien Tabel); Rumevite Ekonolek (V11147) vir diere wat ekstra energie benodig soos speenkalwers en eerstekalfverse; Proteïenblok (V10448) en Beesblok (V10932) waar lekbakke nie beskikbaar is, eersgenoemde blok is ook hoog in fosfor. Vir meer besonderhede oor leksamestelling, lekmengsels, gebruiksaanwysings en aanbevole innamepeile raadpleeg Voermol se nuutste Produkhandleiding of www.voermol.co.za

 

 

Grondstowwe

Selfmeng-proteïenlekke

1

2*

3

Voermol Dundee Lekkonsentraat
met of sonder P (V10737) (kg)

250

250**

Bovelderlekkonsentraat (V19908) (kg)

450

Mieliemeel of Voermol Melassemeel

100

200

200

Voermol Rumevite 12P (V11994) (kg)

50

Sout (kg)

150

150

350

Totaal (kg)

500

650

1 000

Aanbevole inname (g/bees/dag)

355 – 470

450 – 600

500 – 800

*     Gebruik in gebiede waar ernstige fosfortekorte voorkom.

**   Gebruik Dundee Lekkonsentraat + P

 

 Die voorsiening van 'n proteïenlek aan beeste op droë weiding is uiters noodsaaklik aangesien die voedingswaarde daarvan te laag is om normale produksie en reproduksie te onderhou.  Die vraag is dus nie wat proteïenlekaanvulling kos nie, maar of produsente kan bekostig om dit nie te voer nie!
 

SOEK ARTIKELS

Sleutelwoord, Produk of Skrywer

TEGNIESE SPAN

Hendrik van Pletzen - Tegniese Bestuurder:
Vleisbeesbestuur, voeding, weidings, produksiestelsels en ekonomie.

Technical Manager - Tegniese Bestuurder:
Suiwel- en Pluimveevoeding, Gehaltebeheer & Produkontwikkeling

Ulrich Müller - Tegniese Bestuurder:
Voerkraal-, Wild- & Volstruisvoeding

Voermol - Tegniese Direkteur:
Voeding, Bestuur & Kleinveeteling