Tradisioneel was die byvoeding van wild nie nodig nie omdat wild vryelik kon rondbeweeg na goeie weiding, ryk aan voedingstowwe. In die verlede is daar ook meer ekstensief met wild geboer. Verder is daar oorwegend wildsoorte aangehou wat natuurlik in die omgewing voorgekom het, met ander woorde, die wild was beter aangepas en dus minder afhanklik van byvoeding. ’n Verdere faktor is die vermoë van wild om fyn te kan selekteer.
Moderne wildboerdery is meer intensief en meestal word ’n groot verskeidenheid wild in ’n afgekampte area aangehou. Onder hierdie toestande word wild beperk om effektief rond te beweeg op soek na beter kos en minerale. Kommersiële wildboerdery verwag hoër produksie, wild wat vinniger uitgroei en wild wat op ’n vroeër ouderdom bemark word. Verder is dit ook belangrik dat wild altyd goed vertoon om toerisme te bevorder.
Hierdie toestande maak die gebruik van lekke en aanvullende-voeding noodsaaklik. Ander voordele vir die gebruik van lekke en/of voere is :
Verhoog lam- en/of kalfpersentasie.
Verbeter die wild se algemene weerstand teen siektes.
Lekke kan as “lokaas” gebruik word vir die vang of verskuif van wild. Ook vir die “tick-off –stelsel”, waar wild met ʼn middel teen parasiete bespuit word.
Byvoeding kan ook gebruik word vir die “doseer” van wild teen inwendige parasiete. Voorsorg moet egter getref word dat die wild reg “gedoseer” word. Hier moet ’n “smaaklike draer” soos Voermol Melassemeel (V1995) of Voermol Super 18 (V355). Skakel gerus U Voermol agent vir meer besonderhede.
’n Lek is nie ’n voer nie en voorsien slegs die voedingstof wat gebrekkig is in natuurlike weiding, soos proteïen, minerale, spoorminerale, vitamienes of energie.
By die keuse van ’n lek moet die volgende in gedagte gehou word :
- Seisoen - is die weiding groen, hoog in proteïen, of droog en laag in proteïen en verteerbaarheid?
- Produksiestatus - lakterende diere se voedingsbehoeftes is bykans twee keer die van droë en groeiende diere.
- Spesie - Wees baie versigtig by die gebruik van energie- en produksielekke. Hierdie tipe lekke bevat gewoonlik medikamente wat nadelig of selfs giftig vir sekere spesies wild kan wees.
SOMER
- Veld is groen en volop plantmateriaal is beskikbaar.
- Fosfor (P) en spoorminerale is beperkend en moet aangevul word.
Gebruik : Rumevite P6 (V11995)
Rumevite P12 (V11994)
Voermol Fosfaatblok (V10264)
WINTER
- Veld is droog, plantmateriaal is volop, maar is laag in proteïen en verteerbaarheid.
- Proteïen moet aangevul word.
Gebruik : Voermol Wildsblok (V13408)
Voermol Proteïenblok (V10448)
Voermol Ekonolek (V11147)
TYE VAN VOERSKAARSTE
- Veld is droog, laag in proteïen, laag verteerbaar en uitgetrap.
- Min plantmateriaal is beskikbaar.
- Proteïen en energie moet aangevul word.
Gebruik : Voermol Wildskorrel (V14942)
Voermol Super 18 (V355)
Voermol Droogtekorrel (V5554)
Rig U navrae aan:
Ulrich Müller, tel: 083 – 414 5928
E-pos: utm@mweb.co.za