SUKSESVOLLE OORWINTERING VAN VLEISBEESTE OP DROË GRASVELD
Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere
(Telno.: 021 – 887 9559; 0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com)
Nadele van onsuksesvolle oorwintering
· Dit knou winsmarges omdat dit ernstige reproduksie- (lae kalfpersentasie) en produksieverliese (lae speenmassa) tot gevolg het.
· Oormatige massaverlies — waar koeie 21 % van hulle herfsmassa verloor het, het ovulasie (eiselafskeiding) gestop en het hulle nie op hitte gekom nie (Louw et al., 1988).
· Koeie wat se kondisiepunt met die aanvangs van dekseisoen onderskeidelik 2; 2.5 en 3.5 was se besetting was 50; 75 en 95 % (Meaker, et al., 1984).
Voorvereistes vir suksesvolle oorwintering van vleisbeeste
· Beskikbaarheid van voldoende hoeveelheid ruvoer in die vorm van gespaarde grasveld.
· Aanvulling van kritieke voedingstowwe (bv. proteïen, minerale, spoorelemente en vitamines) deur die verskaffing van 'n rumenstimulerende onderhoudslek (ook bekend as proteïen- of winterlek) om die tekorte in droë winterveld aan te vul.
Hoekom moet lekke op droë grasveld verskaf word?
· Droë grasveld het 'n ernstige proteïentekort as dit minder as 6 % proteïen bevat, het dit tot gevolg dat die mikro-organismes, wat die ensieme afskei wat verantwoordelik is vir die vertering van die droë gras, begin afsterf en gevolglik word daar al hoe minder voedingstowwe vir die beeste beskikbaar gestel. Dit het kondisie- en massaverlies tot gevolg.
· Die gunstige klimaatstoestande die afgelope groeiseisoen het uitermate goeie groei van natuurlike grasveld tot gevolg gehad en laat die veld in die algemeen beter vertoon as wat dit werklik is. Veeprodusente word egter gemaan om nie hulle veld se voedingswaarde te oorskat nie.
Wat is die tekens van 'n proteïentekort?
· Diere is minder geneig om te wei, al is daar volop droë weiding beskikbaar, en meer geneig om by die waterbak te lê en water te drink.
· Die mis van sulke diere begin min, droog, hard en swart word en hulle begin kondisie verloor.
· Die diere se hare begin regop staan, rugte is krom wanneer hulle loop en hulle kan selfs droë galsiekte kry en vrek omdat hulle pense verstop omdat dit ophou funksioneer.
Wanneer moet proteïenlekke op droë grasveld voorsien word?
· Die aangewese tyd om na proteïenlekke oor te skakel, is na die eerste swaar ryp in die winter.
· Bekker (1996) is van mening dat proteïenlekaanvulling 'n aanvang moet neem wanneer massastilstand intree.
Proteïenlekke vir vleisbeeste
· Voermol bemark 'n reeks melassegebaseerde rumenstimulerende proteïenlekke wat in verskillende vorms (los lek of blok), formaat (klaargemeng en gereed om te gebruik of selfmeng), met hoë of lae fosforinhoud beskikbaar is en wat hoë vlakke van al ses noodsaaklike spoorelemente asook die makrominerale en Vitamine A bevat.
· Die volgende klaargemengde lekke is vir vleisbeeste beskikbaar: Voermol Premix 450 (V4676) vir baie strawwe winters; Bovelderlek (V19218) vir laer lekinnames waar tradisionele winterlekke se innames te hoog is (bv. suurveldgebiede); Hoëveldlek (V16150) vir hoër fosforaanvulling; Dundee Lekkonsentraat (V10737) met of sonder ekstra fosfor vir selfmeng; Rumevite Ekonolek (V11147) veral vir speenkalwers en eerstekalfverse; Proteïenblok (V10448) en Beesblok (V10932) waar lekbakke nie beskikbaar is nie. Vir meer besonderhede oor leksamestelling, lekmengsels, gebruiksaanwysings en aanbevole innamepeile raadpleeg Voermol se nuutste Produkhandleiding of http://www.voermol.co.za/
* Gebruik in gebiede waar ernstige fosfortekorte voorkom.
** Gebruik Dundee Lekkonsentraat + P