Om ‘n speenkalf suksesvol te voer en te bemark, is daar verskeie faktore wat belangrik is, en wat aandag moet geniet. In hierdie artikel word van die belangrikste aspekte bespreek.
Voer. Om ‘n speenkalf mark-klaar te voer, word sowat 1.2ton voer benodig. Die voer bestaan uit sowat 70% graan en/of hominy chop en 30% wat opgemaak word uit ‘n afrondkonsentraat, ‘n hoë proteïen konsentraat (HPK) en ruvoer. Met 70% graan (mielies) in die rantsoen, is dit dus duidelik dat die mielieprys of meer spesefiek die verhouding tussen die mielieprys en die vleisprys die tot ‘n groot mate die winsgewendheid gaan bepaal. Duimreël: 1kg vleis moet ten minste 14kg mielies kan koop.
Speenkalf. Die grootste enkele inset, is die aankoop of waarde van die speenkalf. Dit is uiters belangrik dat die prys van die speenkalf nie te hoog is nie. Die waarde van die speenkalf (R-c/kg) word hoofsaaklik bepaal deur die massa en die kwaliteit van die kalf. ‘n Goeie kwaliteit speenkalf is doeltreffend om voer tot vleis om te skakel. Die tipiese gewig van die ideale speenklaf is tussen 200kg en 250kg. Duimreël: Speenklafprys < as 65% van vleisprys.
Fasiliteite. Speenkalwers kan in goed ontwerpte voerkrale asook primitiewe fasiliteite soos ‘n voerbak in ‘n klein kampie suksesvol afgerond word. Duimreël: Kraalspasie 10 – 15m²/speenkalf; kripspasie 15 – 30cm/speenkalf.
Water. Voorsien koel drinkwater van goeie gehalte. ‘n Speenkalf benodig sowat 50ℓ koel en skoon drinkwater per dag. ‘n Kalf in die voerkraal kan tot soveel as 80ℓ water op ‘n warm dag suip.
Eindmassa. Die ideale eindgewig is rondom 400kg lewendige massa wat ‘n karkas (A2/3 graad) van sowat 225kg sal lewer. ‘n Goeie kwaliteit kalf behoort hierdie massa na ongeveer 110 dae in die voerkraal te bereik.
Pryse. Met bg. in plek, word winsgewendheid bepaal deur die verhouding tussen die vleisprys:mielieprys en die vleisprys:speenkalfprys. Hierdie verhoudinge moet binne sekere riglyne wees.
Wins. Die wins word uit die voermarge gemaak. Dit is die verskil tussen die waarde van die voer per dag gevreet en die waarde van die daaglikse toename. Hierdie verskil moet positief wees.
Mortaliteit. Kalwers moet reg geprosseseer (ent, dosseer, behandel, inplantaat, ens.) word om mortaliteit tot ‘n minimum te beperk. Tipiese mortaliteit in ‘n voerkraal is ±0.75% van diere geplaas.
Die ideale ligging van die voerkraal is naby aan die graan en die mark. Sodoende word vervoerkoste geminimaliseer. Onthou ‘n speenkalf weeg 220kg, ‘n speenkalf benodig sowat 700kg graan en die finale bees weeg 400kg met ‘n karkas van 225kg.
Hiermee 'n paar gedagtes oor drie opsies wat U kan oorweeg vir U speenklawers.
Verkoop die speenkalf met speen Die maklikste opsie is seker om die speenkalf direk na speen aan 'n voerkraal te verkoop. Die voordeel hier is dat die risiko laag is en die geld onmiddelik gebank kan word. Die nadeel is dat U nie self waarde tot die speenkalf toevoeg nie. U maksimalisseeer dus nie U wins nie.
Direk in voerkraal 'n Tweede opsie is om die speenkalf self in 'n voerkraal te voer totdat die speenkalf markklaar is. Sodoende voeg U self waarde tot die kalf toe.
Deur die voerstelsel wat deur Voermol ontwikkel is te gebruik, is die voer van speenkalwers baie eenvoudig met goeie resultate. Eerstens is dit belangrik dat die kalwers korrek geënt en gedoseer word. Tweedens moet daar van ‘n oorinplantaat of groeistimulant gebruik gemaak word. En derdens kan die “Voermol – stelsel “ gebruik word om die kalf te voer. Meng eenvoudig 200 kg Voermol SB 100 met 800 kg graan (heel mielies of hominy chop) en voer die mengsel ad lib. tesame met hooi (mieliereste, koringstrooi, ens.) apart en ad lib. Met die “Voermol – stelsel “ van vetmesting word baie basiese fasiliteite benodig. Die minste is seker ‘n voerbak of voerkrip waarin die Voermol SB 100 – mielie mengsel ad lib. gevoer word plus hooi in ‘n hooirak. Die hooi kan in die vorm van veldweiding in ‘n klein kampie voorsien word.
Voermol SB 100 kan ook in volledige voermengsels gebruik word. Voorbeelde van sulke mengsels asook die geskatte voerverbruik word in onderstaande tabel aangegee. Die mengsels is volledige voere en moet ad lib. gevoer word. Verder is daar voorbeelde van ‘n voer met mieliekuilvoer as basis asook ‘n voer sonder kuilvoer.
-
Menginstruksies vir volledige voere |
| | Kg | Kg |
| Voermol SB 100 | 150 | 150 |
| Voermol HPK 36 | 25 | 25 |
| Mieliegruis | 600 | 550 |
| Kuilvoer (nat) | --- | 300 |
| Hooi | 100** | 50 |
| Totaal | 875 | 1075 |
Beraamde voerverbruik (kg/kalf) oor voerperiode:* |
| | Kg | Kg |
Voermol SB 100 | 180 | 180 |
| Voermol HPK 36 | 30 | 30 |
| Mieliegruis | 730 | 660 |
| Kuilvoer (nat) | --- | 360 |
| Hooi | 120 | 60 |
| Totaal | 1 060 | 1 290 |
* Die voerverbruik is bereken deur 'n speenkalf wat 220 kg weeg te voer vir ongeveer 115 dae sodat die kalf dan op 400 kg lewendige massa geslag kan word om ‘n top graad (A2 of A3) te gee.
** Die hooi% kan verlaag word en die mieliegruis verhoog word, afhangende van aanpassing en bestuur.
Deur die speenkalwers vir ‘n verdere 30 dae met Voermol Zilmol te voer kan die wins aansienlik verhoog word. Skakel U naaste Voermol agent vir meer besonderhede.
Winsgewendheid:
Met ‘n speenkalfprys van R11.80/kg, ‘n vleisprys van R23.00 en
‘n mielieprys van R1 600/ton, kan ‘n speenkalf winsgewend gevoer word.
Die wins behoort in die orde van R349/kalf (21% van uitgawes) te wees.
Met die gebruik van Voermol Zilmol, kan die winsgewendheid tot
R520/kalf (24%) verhoog word.
Hou op weiding en bemark later 'n Verdere opsie is om die speenkalf terug te hou en op weiding uit te groei. Sodra die kalf 350 kg tot 370 kg weeg (afhangende van ras) kan die kalf vir sowat 50 tot 60 dae in 'n voerkraal gevoer word om die kalf mark-klaar te kry. Dit is belangrik dat die kalf toeneem in massa terwyl die kalf op weiding loop. 'n Goeie lekaanvulling soos Voermol Supermol op groenweiding of Voermol Produksielek op droë weiding van goeie gehalte is hier nodig.
Rig U navrae aan:
Malcolm Moodie, Voermol agent. Sel: 083 228 6257.
Ulrich Müller, Tegniese Bestuurder. Sel: 083 414 5928. E-pos: utm@mweb.co.za.