Premix 450 is by uitstek geskik om voedingstekorte in winterveld aan te vul en massaverlies by beeste te beperk. Premix 450 is ’n onderhoudslek wat proteïne en spoorelemente aanvul om mikro-organismes in die grootpens te stimuleer ten einde vertering van droë winterweiding te verbeter. Proteïene in die lek is gekonsentreerd en slegs die noodsaaklike elemente word aangevul om dit ’n koste- effektiewe aanvulling te maak. Die melasse in Premix 450 het baie voordele soos bv. die voorsiening van energie vir doeltreffende stikstofbenutting in die lek, voorkoming van droë galsiekte, smaaklikheid wat goeie lekinname verseker en geen lekverliese as gevolg van uitdroging en wegwaai nie.
Premix 450, gemeng met Voermol Rumevite 12P (V11994) en sout, kan ook as oorgangslek (herfslek) gebruik word. In suurveldgebiede waar daar ‘n groot verskil in die voedingswaarde van somer- en winterveld is, kan ‘n oorgangslek help om die verandering van ‘n somer- na ‘n winterlek te vergemaklik. ’n Oorgangslek met ‘n lae ureum inhoud, verminder die gevaar van ureum vergifting omdat diere reeds aangepas is op ureum wanneer hulle later in die winter hoë ureumbevattende onderhoudslekke ontvang. Verskeie produsente is van mening dat diere wat eers ’n oorgangslek ontvang het, hulle nie oorvreet aan winterlekke wanneer dit vir die eerste keer uitgesit word nie. Oorgangslekke word gegee sodra die voedingswaarde van suurgrasveld begin daal soos wat dit gewoonlik aan die end van Februarie/begin Maart is en dit word vir ‘n periode van ongeveer 6 weke gegee tot en met die eerste ryp. Die mengverhouding van die oorgangslek is 200 kg Premix 450, 150 kg sout en 100 kg Rumevite 12P met ‘n aanbevole inname van 250-400g per bees per dag.
Die grootste aanwending van Premix 450 is ongemeng as ‘n winteronderhoudslek teen ‘n inname van 400-600g per bees per dag. Slegs die noodsaaklike elemente word aangevul om goeie diereprestasie te verseker, is koste-effektief en bied goeie waarde vir geld gespandeer. Premix 450 kan ook in gelyke dele met graan gemeng word vir ’n produksielek. Vir laatdragtige en lakterende vleisbeeskoeie en jong groeiende diere is die mengverhouding van die produksielek as volg: 500 kg Premix 450, 500 kg graanmeel en 50 kg Rumevite 12P. Die aanbevole inname van die produksielek is 1.5-1.7 kg/koei/dag. Die helfte van die graan in ‘n produksielek kan met Voermol Melassemeel (V1995) vervang word.
Dit is egter op plaasvlak waar Premix 450 hom herhaaldelik bewys as een van die beste winterlekke vir beeste. In praktyk is daar verskeie boere wat Premix 450 met groot welslae in hul beesboerdery gebruik. Mnr Carl Durow van Clocolan hou by sy jarelange wenresep met Premix 450. Mnr Durow was ook die wenner van die Nasionale Beesboer van die Jaar kompetisie en in die jaar wat hy gewen het, was sy gemiddelde speenpersentasie 95,5% (speenpersentasie is kalwers gespeen per koeie gedek). Sy bestuurspraktyke wat strategiese lekaanvulling insluit, is sterk gefokus om ’n hoë reproduksiesyfer in sy kudde te verseker. Bestuur van eerstekalfkoeie is ’n hoë prioriteit en hierdie ouderdomsgroep diere se speenpersentasie met hul tweede kalfgeleentheid was 96,8% met ’n gemiddelde speengewig van 238 kg. Die Bester Broers van Vrede wat een van die finaliste van die kompetisie was, gebruik ook Premix 450 as winterlek. In ’n kommersiële kudde met meer as 1 000 teelkoeie, behaal hulle konstant ‘n speenpersentasie van meer as 90%.
Premix 450 is inderdaad ‘n waarde vir geld eenstop winterlek vir beeste. Die grootste aanwending van Premix 450 is ‘n klaargemengde winterlek, maar dit kan ook gemeng word om as oorgangslek of produksielek te dien. Met Premix 450 is dit nie nodig om ‘n groot hoeveelheid bestanddele aan te koop nie en dit verseker moeitevrye lekvoorsiening vir beeste.