Omdat die voedingsvereistes van groeiende voëls verander soos wat hulle ouer word, is ’n enkele voermengsel wat aan die behoeftes van alle ouderdom kuikens sal voldoen nie moontlik nie. Dit is om ekonomiese redes ook nie aanvaarbaar nie. Om hierdie probleem te oorbrug, word ʼn reeks van mengsels aanbeveel wat aangepas is by die behoeftes van verskillende ouderdom kuikens asook vir volwasse voëls.
Samestelling
-
|
|
G/kg
|
|
Proteїen (min)
|
320
|
|
Lys (min)
|
21.0
|
|
Met (min)
|
8.0
|
|
Kalsium (min – maks)
|
32 – 34
|
|
Fosfor (min)
|
21
|
|
Minerale, spoorminerale, vitamines
|
|
|
Vog (maks)
|
120
|
|
Verpakking
|
50kg
|
Aanbeveling
Gee kuikens vrye toegang (ad lib.) tot die onderskeie rantsoene. Die verwagte daaglikse voerinname van die verskillende ouderdom voëls word in die tabel Groeikonsentraat aangedui. Op hierdie voerstelsel behoort kuikens hulle slagmassa teen ongeveer 14
maande ouderdom te bereik.
Onderhoud
’n Uitgegroeide kuiken sal ongeveer 100 kg tot 120 kg weeg en behoort hierdie massa op sowat 14 maande ouderdom te bereik. Op hierdie stadium is die volstruis uitgegroei en is sy voedingsbehoeftes laag, dit is egter belangrik dat die volstruis nog steeds ’n gebalanseerde rantsoen inneem, veral ten opsigte van minerale, spoorminerale en vitamines. Die Onderhoudsrantsoen bevat min graan, om oorvet voëls se massa geleidelik te verlaag (om hulle te ‘ontvet’). Dit is belangrik want oorvet broeivoëls word geassosieer met ’n toename in geileierproduksie. Die Onderhoudrantsoen is ’n volledige voer en sal aan die onderhoudsbehoeftes van volwasse volstruise, wat nie produseer nie, voldoen.
Prikkelvoeding
Twee tot vier weke voordat met die teelseisoen begin word, moet ´n prikkelrantsoen aan die broeipare voorsien word. Hierdie rantsoen sal die broeipare laat toeneem in massa en geslagsaktiwiteit stimuleer. Sodra die mannetjies by die wyfies geplaas word, moet die broeirantsoen gevoer word.
Meng- en voerinstruksies van volledige voere vir groeiende kuikens
|
Rantsoen
|
Aanvangs
|
Groei
|
Afrond
|
Slag
|
|
Ouderdom(weke)
Massa (kg)
|
8 – 16
10 – 35
|
16 – 24
35 – 55
|
24 – 30
55 – 75
|
30 – 56
75 – 110
|
|
MENGINSTRUKSIES (g/kg)
|
|
Groeikonsentraat
Sojaoliekoekmeel
Melassemeel
Mieliemeel
Lusernmeel
Hooi
|
250
100
-
450
200
–
|
200
-
80
450
300
–
|
200
-
80
350
200
170
|
200
-
80
350
150
220
|
|
Totaal
|
1 000
|
1 030
|
1 000
|
1 000
|
VOERINSTRUKSIES: Voer ad libitum
|
|
Inname (g/dag)
|
500 – 1 150
|
1 150 – 1 750
|
1 750 – 1 900
|
±2 000
|
Vroeë-aanvangs (0 – 8 weke ouderdom) – gebruik ’n kommersiële voer beskikbaar of skakel u Voermol agent vir advies.
Meng- en voerinstruksies van volledige voere vir die Broei-, Onderhoud- en Prikkelrantsoen
|
Rantsoen
|
Broei
|
Onderhoud ²
|
Prikkel
|
|
|
Kg
|
Kg
|
Kg
|
|
Voermol Groeikonsentraat
|
100
|
150
|
200
|
|
Voermol Melassemeel
|
80
|
80
|
80
|
|
Mieliemeel
|
200
|
0
|
250
|
|
Rumevite P12
|
10
|
-
|
-
|
|
Voerkalk
|
20
|
-
|
-
|
|
Lusernmeel
|
590
|
100
|
150
|
|
Hooi ¹
|
|
670
|
320
|
|
Totaal
|
1 000
|
1 000
|
1 000
|
|
Voerinstruksies
|
Voer ad libitum
|
|
Inname (kg/dag)
|
±2.0
|
±2.0
|
±2.
|
¹ Hooi soos tef, mieliereste of hawerhooi.
² Indien die volstruise in ’n swak kondisie is, vervang 100 kg hooi met mieliemeel.
Ulrich Müller
Tegniese Bestuurder
Epos: utm@mweb.co.za
Faks: 086-684 1628
Tel: 083-414 5928