Verlaag winterlekkoste met die gebruik van Voermol Dundee Lekkonsentraat
- Dit is 'n bekende feit dat proteïenaanvulling gedurende die wintermaande noodsaaklik is om massaverlies te voorkom en dus koeiproduktiwiteit te verhoog.
- Met die stygende koste van lekaanvulling is dit sinvol om die gebruik van goedkoper alternatiewe as klaargemengde lekke te ondersoek.
- Voermol Dundee Lekkonsentraat is hoogs gekonsentreerd wat die koste van proteïenaanvulling verlaag.
- Voermol Dundee Lekkonsentraat kan aangewend word om 'n groot verskeidenheid lekke te meng. Sodoende kan lekmengsels aangepas word om te verseker dat diere by elke situasie optimaal presteer.
- Voermol Dundee Lekkonsentraat is 'n goedgebalanseerde lekkonsentraat wat die nodige minerale, spoorminerale asook Vitamien A vir optimale produksie bevat.
- Voermol Dundee Lekkonsentraat is beskikbaar as die gewone formulasie en 'n spesiale formulasie met addisionele fosfor (P) vir sekere toestande.
- Die plus P-formulasie is spesifiek vir gevalle waar koeie gedurende die droë wintermaande kalf en dus deur die wintermaande lakteer. Lakterende koeie se P-behoeftes is hoog en moet aangevul word.
Vir volledige meng- en voerinstruksies raadpleeg die nuutste Voermol Produkhandleiding, die Voermol webblad of skakel die naaste Voermolagent.
Lekmengsel vir verse
Verse onderpresteer dikwels omdat hulle nie voldoende lek inneem nie. Gevolglik behoort verse 'n smaaklike lek van beter gehalte as volwasse teelkoeie te ontvang. Die volgende mengsel is 'n voorbeeld van so 'n mengsel wat goeie resultate behoort te gee:
kg
Voermol Dundee Lekkonsentraat 300
Voermol HPK 36 100
Rumevite P12 50
Mieliemeel 200
Sout 250
TOTAAL 900
Aanbevole inname: 500 – 600 g/vers/dag.