VOERMOL DROË KOEI AANVULLING

Klas: Proteïen-Mineraal-Energie Supplement vir Herkouers

VOERMOL DROË KOEIAANVULLING is ’n proteïen-mineraal-energie supplement vir droë melkkoeie, en

  • kan as sulks, ongemeng, gevoer word of dit kan met ander bestanddele vermeng word;
  • verbeter smaaklikheid van voermengsels;
  • verhoog inname van laegraadse ruvoere wanneer dit daarmee vermeng word;
  • voorsien energie, proteïen en minerale wat produksie stimuleer;
  • voorsien al sewe essensiële spoorelemente en Vitamine A.
  • bevat matige vlakke van sekere anioonsoute wat kan help om melkkoors te voorkom.

 
 
VOERINSTRUKSIES
 
  • Voer aan dragtige koeie vanaf 3 weke voor kalwing tot en met kalwing.
  • Voer teen minimum 2.5 kg per koei per dag tesame met ad libitum ruvoer. Gebruik urine ph as maatstaf om die korrekte voedingsvlak te bepaal. Urine ph moet 4 dae nadat koei begin om die produk te vreet daal na 6.5 vir Holsteins / kruise en 5.5 vir Jerseys / kruise.
  • Indien verlang meng met gelyke dele mieliemeel om die rumen vir die melk rantsoen voor te berei.
 Hierdie is 'n aanvulling en nie 'n volledige voer nie. Genoegsame weiding en/of ruvoer moet beskikbaar wees.
 

NPN-WAARSKUWING

Hierdie veevoedsel bevat NPN-bronne en moet daarom streng volgens die gebruiksaanwysings vermeng en gevoer word.

  • Asyn is 'n doeltreffende middel teen NPN- vergiftiging. Meng met gelyke hoeveelheid water en doseer 'n halwe bottel per kalf en 2 - 4 bottels per bees. (1 bottel = 750 ml).
  • Beskerm hierdie veevoedsel teen reen. NPN is oplosbaar en diere wat so 'n oplossing drink kan vergiftig word.
  • Moet nie die veevoedsel onoordeelkundig saam met ander NPN-bevattende veevoedsels voer nie. Raadpleeg 'n veekundige.
  • Hou lek bakke vol en verhoed dat honger diere hul oorvreet. 'n Konstante daaglikse voerinname voorkom vergiftiging.
  • Voordat 'n NPN-bevattende lek gevoer word, moet 'n gewone sout/fosfaatlek vir minstens 7 dae gevoer word.

Deur die gebruik van hierdie produk aanvaar u uitdruklik ons standaard handelsvoorwaardes en erken u spesifiek dat u die handelsvoorwaardes gelees het. Indien u onseker is oor ons voorwaardes, verwys asseblief na die keersy van die bestelvorm en die afleweringsnota of u kan ons skakel op telefoonnommer 032 439 5599 en ons sal u graag met 'n afskrif daarvan verskaf.
 
  • Suitable for Dairy Cows
VOERMOL DROË KOEI AANVULLING

Moet 'n agent u kontak oor hierdie produk?

Kliek Hier

TEGNIESE SPAN

Zeno Bester - Tegniese Bestuurder:
Suiwel- en Pluimveevoeding, Gehaltebeheer & Produkontwikkeling


Soek produkte