VOERMOL MAXIMELK

Klas : Proteïenkonsentraat vir Suiwelvoedsel

VOERMOL MAXIMELK is ’n melassegebaseerde suiwelkonsentraat wat energie, proteïen, minerale en Vitamien A voorsien vir die tuismeng van suiwelmele en volledige suiwelrantsoene:
  • meng met mieliemeel of ander graan om ’n gebalanseerde suiwelmeel van hoë gehalte te gee
  • verbeter smaaklikheid om voerinname te bevorder 
  • voorsien goeie gehalte deurvloeiproteïen asook die nodige minerale en spoorminerale 
  • dra by tot die energie van die finale mengsel 
  • Voermol Maximelk kan teen maksimum 1.8 kg/koei per dag gevoer word vanvee die ureuminsluiting 
  • Voermol Procon 33 kan saam met Voermol Maximelk in ’n suiwelmeel ingesluit word om die verbyvloeiproteïenkomponent te verhoog. 
 
Voermol Maximelk is ontwikkel om as enkele konsentraat saam met enige graan of graankuilvoer gevoer te word. Dit vereenvoudig dus voervermenging, maar verseker dat die finale voer steeds van hoogstaande gehalte is. 
 
 
 
Sien ureumwaarskuwing 

LW. Moet nie ongemeng voer nie. 
 
 
 
 
  • Suitable for Dairy Cows
VOERMOL MAXIMELK

Moet 'n agent u kontak oor hierdie produk?

Kliek Hier

TEGNIESE SPAN

Zeno Bester - Tegniese Bestuurder:
Suiwel- en Pluimveevoeding, Gehaltebeheer & Produkontwikkeling


Soek produkte