VOERMOL PASTURE BALANCER

Klas : Mineraal- en Spoormineraalkonsentraat vir Suiwel Beeste

VOERMOL PASTURE BALANCER is ’n melassegebaseerde, NPN - vrye suiwelkonsentraat vir die aanvulling van spoorminerale op aangeplante weidings:
  • bevat vismeel en ander proteïenbronne van hoë gehalte
  • bevat ’n hoë persentasie verbyvloeiproteïen 
  • kan as ’n konsentraat gebruik word vir die tuismeng van suiwelmele 
  • smaaklik en verseker dus voldoende inname van spoorminerale 
  • ’n gedeelte van die spoorminerale word in organiese vorm voorsien vir verhoogde beskikbaarheid 
  • kan net so as ’n aanvulling tot groen weiding gevoer word. 



VOEDINGSINSTRUKSIES:
1. Suiwelmele: Sien p. 73.
2. Aanvulling: Voer as spoormineraal en mineraal aanvulling teen minimum 1 kg / koei /dag aan diere wat op aangeplante weidings wei.

Die reeks vloeivoere kan vir die volgende aangewend word
  • die verryking en beveiliging van grane (Voermol Korn Kandy
  • vloeibare proteïenlekke (Voermol LS 33
  • die verryking van laegraadse ruvoere (Voermol LS 33
  • die voorkoming van vermorsing van laegraadse ruvoere (Voermol LS 33
  • die preservering van graskuilvoer (Voermol Voermelasse
  • die preservering van droogtemieliekuilvoer (Voermol Voermelasse
  • bees- en skaapvoerkrale. 

VOERKRALE
Voermol bemark ’n groot verskeidenheid vloeivoerkonsentrate vir die groter voerkrale (staan 500 beeste en meer).

Skakel u Voermol agent of Tegniese Bestuurder vir meer inligting. 
  • Suitable for Dairy Cows
VOERMOL PASTURE BALANCER

Moet 'n agent u kontak oor hierdie produk?

Kliek Hier

TEGNIESE SPAN

Zeno Bester - Tegniese Bestuurder:
Suiwel- en Pluimveevoeding, Gehaltebeheer & Produkontwikkeling


Soek produkte