Klas : Energie-aanvulling
VOERMOL MELASSEMEEL bevat melassestroop en is ’n goeie energiebron:
- verbeter die smaaklikheid, tekstuur en voorkoms van enige voer of lek
- ver laag stowwerigheid en ver minder skeiding van voere en lekke
- teen ’n insluitingspeil van 5 % tot 10 %, dien melassemeel as ’n goeie bindmiddel tydens verpilling van voere
- stimuleer die eetlus van siek diere weens die hoë inhoud van B-Vitamien en spoorminerale
- is ’n veelsydige produk met baie praktiese gebruike en kan as ’n gedeeltelike plaasvervanger vir graan gebruik word
- kan in rantsoene gebruik word vir suiwelbeeste, voerkraalbeeste, skape, bokke en volstruise asook in vee- en wildlekke.
AANBEVOLE INNAMES VAN MINERALELEK (g/dier/dag)
Beeste: 100 – 200
Skape: 17 – 40 1
Suiwelmeel – sien voerinstruksies onder riglyne vir die gebruik van suiwelmeel
Wildlek – voer ad lib. aan wild op droë weiding
ADDISIONELE GEBRUIKE
VLEISBEESVOERKRAALRANTSOENE
Vervang grane kilogram vir kilogram met Voermol Melassemeel, tot ’n maksimum daaglikse inname van 2 kg. In voerkraalrantsoene kan tot 12.5 % van die grane met Voermol Melassemeel vervang word.
BEESLEKKE
Tot 50 % van die grane in produksielekke en tot 100 % in onderhoudslekke kan met Voermol Melassemeel vervang word.
MELKBEESRANTSOENE (SUIWELRANTSOENE)
Voermol Melassemeel kan tot 7.5 % in suiwelrantsoene ingesluit word om grane te verplaas.
SKAAPLEKKE- EN RANTSOENE
Ongeveer 25 – 40 % van die grane in produksielekke en tot 100 % in onderhoudslekke kan met Voermol Melassemeel vervang word. In skaapafrondingsrantsoene kan 8 – 12 % Voermol Melassemeel ingesluit word om grane te vervang.
KUILVOER
Voermol Melassemeel kan as energiebron gebruik word om kuilvoer beter te preserveer.
AANBEVELING
Graskuilvoer/Kleingraankuilvoer: 25 – 50 kg/ton nat kuilvoer
Peulgewaskuilvoer: 50 – 75 kg/ton nat kuilvoer