VOERMOL BEEFMAKER

Klas : Proteïen- en Mineraalkonsentraat vir Beeste

VOERMOL BEEFMAKER is ’n voerkraalkonsentraat vir die afronding van beeste waar geen of min hooi beskikbaar is nie.

VOERMOL BEEFMAKER bevat die volgende:
  • die nodige proteïen (beide NPN en natuurlike proteïen) wat voerkraalbeeste benodig 
  • die nodige ruvoer of effektiewe vesel vanaf suikerrietmurg 
  • die nodige bymiddele wat groei stimuleer en voeromset bevorder 
  • Vitamine A, minerale en spoorelemente wat nodig is vir ’n korrek gebalanseerde rantsoen. 

VOERMOL BEEFMAKER stel die voerkraalondernemer in staat om beeste af te rond sonder die gebruik van hooi:
  • is ’n “tuismengsel sonder meng of maal”
  • bied die voerkraalondernemer die kostevoordele van tuisvermenging sonder die bestuur en ekstra koste wat voerverwerking behels 
  • skakel ruvoer probleme soos die oes, berging en verwerking van ruvoer uit. Ook word die risiko’s en koste hieraan verbonde vermy 
  • het ’n hoë voeromsetdoeltreffendheid tot gevolg. Wanneer die voerkraalbeeste aangepas het by hierdie voedingstelsel, reguleer hulle hul eie graan en Beefmaker innames. Hierdie self-regulering lei daartoe dat die beeste al hoe meer van die energie gedeelte van die rantsoen inneem soos die vetmesting tydperk toeneem. Dit is hierdie vermeerderde graaninname wat lei tot hoë voeromsetdoeltreffendheid 
  • is ’n gevorderde produk van Voermol navorsing. Danksy die Beefmakerstelsel geniet u die voordele van jarelange intensiewe navorsing deur Voermol oor meer winsgewende afrondingsmetodes 
  • Voermol Beefmaker gee die beste resultate waar hominy chop gebruik word in die plek van heel mielies. – Voermol Beefmaker gee die beste resultate by die voer van kalwers met ’n beginmassa van 250 kg en swaarder 



HOE WORD DIE VOERMOL BEEFMAKERSTELSEL TOEGEPAS?
Volg die normale inentings- en doseerprogram, soos deur ’n veearts voorgeskryf. Diere wat uitgehonger is, moet eers vrye toegang hê tot hooi en skoon water totdat hulle behoorlik vreet. Vir die aanpassing van beeste op die Voermol Beefmakerstelsel, meng Voermol Beefmaker en heel mielies in die voerkrip met ’n graaf. Geen hooi moet aan diere gevoer word nie.

MENGINSTRUKSIE                   (kg)
Voermol Beefmaker                  50
Heel mielies/Hominy chop     200
                                                     250
 
 
Voer hierdie mengsel ad lib. en daarbenewens skoon Voermol Beefmaker apart in ’n deel van die krip. In ’n lang krip word aanbeveel dat die mengsel in die middel gevoer word en die Beefmaker aan weerskante. Gebruik ± 85 % van die kripspasie vir die mengsel en ± 15 % van die kripspasie vir die Beefmaker alleen.

Die Beefmaker/Mielies-mengsel en Beefmaker word apart gevoer vir die eerste 14 dae van die voedingsperiode of totdat die diere behoorlik aangepas is.

Na die aanpassingsperiode, voeg net mielies by in die plek van die Beefmaker/Mielies-mengsel. Voer dan mielies en Beefmaker, beide ad lib., en apart. Verseker dat voerbakke nooit leegloop nie.

Dieselfde beginsel geld, soos vir Voermol SB 100, maar hier word geen ruvoer gebruik nie – slegs Voermol Beefmaker en graan.

NORMALE VERSKYNSELS TYDENS AANPASSING OP DIE VOERMOLSTELSEL

Heel mielies in die krale
Vir die eerste 2 tot 3 weke sal heel mielies in die kraal voorkom. Dit is afkomstig van twee bronne, nl. die beeste mag heel mielies opbring en/of heel mielies verskyn in die mis. Hierdie twee verskynsels is normaal en kan daaraan toegeskryf word dat die diere eers moet aanleer om heel mielies te herkou. Verder moet die mikrobes in die grootpens eers by die hoë kragvoer-rantsoen aanpas. Die verskynsels sal na die eerste 10 tot 21 dae afneem en verdwyn.

Dit mag lyk asof die diere swak aanpas
Die diere mag dun voorkom en die inname mag vir die eerste week of wat laag wees. Voerinname en massatoename neem egter vinnig toe nadat die diere aangepas is. Daaglikse massatoename op die Beefmakerstelsel is vergelykbaar met ander afrondingstelsels. Diere sal dus nie vinniger groei in vergelyking met ander stelsels nie, maar karkasvoeromset sal verbeter weens die laer voerinname.

L.W. Bevat medikamente en moet dus nie aan perde gevoer word nie. 
  • Suitable for Beef Cows
VOERMOL BEEFMAKER

Moet 'n agent u kontak oor hierdie produk?

Kliek Hier

TEGNIESE SPAN

Ulrich Müller - Tegniese Bestuurder:
Voerkraal-, Wild- & Volstruisvoeding


Soek produkte