VOERMOL SS 200

Klas : Proteïenkonsentraat vir Herkouers

VOERMOL SS 200 is ’n afrondingskonsentraat vir die afronding van lammers, skape en bokke en vir uitgroei van jongdiere.
Meng Voermol SS 200 met mieliemeel of heel garspitte en ruvoer.
Waar die kragvoermengsel en ruvoer ad lib., maar afsonderlik gevoer word, maak van die “VOERMOLSTELSEL” gebruik (sien bladsy 61 en 62).

Hierdie voedingstelsel het die volgende voordele:
  • Diere pas maklik aan, aangesien hulle ’n hoë ruvoerrantsoen in die aanpassingsperiode (± 30 % ruvoer) verkies en al meer konsentraat vreet soos hulle aanpas. Dit gee uiteindelik ’n gemiddelde ruvoerinname van min of meer 15 % van die totale rantsoen, bereken oor die hele afrondingsperiode, wat uitstekende voeromset verseker 
  • die maal of meng van ruvoer is onnodig en gevolglik word daar op maal- en mengkoste bespaar 
  • die kragvoermengsel (200 kg SS 200 + 800 kg grane) kan ook op volop droë veld gevoer word om diere af te rond wat die koste van ’n voerkraal en die baal van ruvoer bespaar. 

VOERMOL SS 200 bevorder inname aangesien dit smaaklik gemaak is deur die byvoeging van melassestroop:
  • bevat medikamente wat voeromset met tussen 10 – 15 % mag verbeter en dus die winsmarge verhoog
  • bevat ’n mengsel van hoë kwaliteit natuurlike proteïenbronne wat ideaal is vir die afronding van skape en uitgroei van jong diere 
  • kan ook as kruipvoer aangewend word. Die hoë kwaliteit natuurlike proteïeninhoud plus medikamente is vir die jong dier tot groot voordeel 
  • help ook om koksidiose by diere te beperk 
  • bevat medikamente wat massatoename versnel en voeromset verbeter 
  • bevat ’n anioonsout om blaassteenvorming te beperk 
  • bevat die sewe belangrikste spoorelemente en Vitamien A om die prestasie van diere verder te verbeter. 

Om doeltreffende voerbenutting te verseker, is dit noodsaaklik dat diere ingeënt en gedoseer word en dat ’n oorinplantaat (groeistimulant) gebruik word. Diere moet altyd stadig en geleidelik oor ’n 10 – 14 dae periode op die voerkraalrantsoen aangepas word. Addisionele ruvoer moet tydens die aanpassingsperiode ad lib. voorsien word. Begin met 100 g van die Voerkraalrantsoen per dier op die eerste dag en verhoog dit elke dag daarna met 100 g/dier. Volg ’n inentings-program vir voerkraalsiektes soos deur ’n veearts voorgeskryf word.

Voermol SS 200 het ten doel om moeitevrye en koste-doeltreffende afronding van diere te verseker.
 
ANDER GEBRUIKE VIR VOERMOL SS 200

KRUIPVOER
Voer Mengsel (a) ad lib. as kruipvoer aan lammers. Om inname te bevorder, kan 100 g mieliemeel met 100 kg goeie kwaliteit fyngemaalde lusernmeel vervang word.

STOETDIERE
Voer die onderstaande prikkelvoer aan stoetdiere teen 1 % tot 1.5 % van liggaamsmassa as aanvulling op weiding en/of saam met hooi.

PRIKKELVOER VIR TEELRAMME EN AANVULLING VIR VELDRAMME IN VELDRAMTOETS
Die volgende aanvulling kan met groot welslae gebruik word as ’n prikkelvoer vir teelramme vanaf twee tot drie maande voor paring om testisgroei en spermproduksie te bevorder. Dit sal ook die groei van ramme in ’n veldramtoets bevorder omdat dit weidingsinname stimuleer en die benutting daarvan verhoog. Weens die hoë deurvloeiproteïeninhoud bevorder dit spiergroei en verhoed oormatige vetneerlegging wat gewens is omdat kopers nie belangstel in oorvetramme nie.
200 kg    Voermol SS 200
150 kg    Voermol Procon 33
75 kg      Voermol Melassemeel
575 kg    Gemaalde mieliemeel of heel garspitte
1 000 kg Totaal

Voer ramme daagliks 300 – 1000 g/ram met voldoende kripspasie sodat alle ramme gelyktydig kan vreet, plus hooi ad lib.

KALFMEEL
Sien Tabel vir meng- en voerinstruksies.
i) Voer die kalfgroeimeel volgens behoefte plus ruvoer ad lib.
ii) Voer die volledige kalfmeel ad lib. aan vervangingsverse in die onderskeie ouderdomsgroepe.

DIE MAAK VAN AFRONDKORRELS
Gebruik Voermol SS 200 teen ’n insluiting van 20 %. Resepte is op aanvraag beskikbaar.

LW. Voermol SS 200 bevat medikamente en moet dus nie aan perde gevoer word nie. Moenie ongemeng gevoer word nie. 
  • Suitable for Sheep and Goats
VOERMOL SS 200

Moet 'n agent u kontak oor hierdie produk?

Kliek Hier

TEGNIESE SPAN

Voermol - Tegniese Direkteur:
Voeding, Bestuur & Kleinveeteling


Verwante Artikels

  • LAAT GROEI VOERKRAALWINS MET  VOERMOL SS 200
    BY Voermol Voere - 22 November 2009
    LAAT GROEI VOERKRAALWINS MET VOERMOL SS 200

    Maksimum winsgenerering in skaapvoerkrale vind dikwels nie plaas nie omdat die genetiese groei- en voeromsettingsverhoudingpotensiaal van voerkraallammers nie ten volle ontsluit word nie weens die...

  • VOORBEREIDING VAN TEELRAMME VIR 'N SUKSESVOLLE PAARSEISOEN
    BY Voermol Voere - 22 November 2009
    VOORBEREIDING VAN TEELRAMME VIR 'N SUKSESVOLLE PAARSEISOEN

    Teelramme moet voor die aanvang van die paarseisoen 'n volledige teelgeskiktheidtoets ondergaan om te verseker dat hulle vrugbaar, vry van enige geslagsiektes asook dekbehendig is en 'n hoë...

  • KRUIPVOEDING ONONDERHANDELBAAR VIR WINSGEWENDE SKAAPPRODUKSIE
    BY Voermol Voere - 20 November 2009
    KRUIPVOEDING ONONDERHANDELBAAR VIR WINSGEWENDE SKAAPPRODUKSIE

    Kruipvoeding is ononderhandelbaar en 'n moet vir winsgewende skaapboerdery. Weens die uiters doeltreffende voeromsetting van die jong lam, moet alles moontlik gedoen word om te verseker dat die lam...

Soek produkte