VOERMOL SUPER 80

Klas : Proteïenkonsentraat vir Volledige Voerkraal Rantsoene vir Beeste

VOERMOL SUPER 80 is ’n vetmaakkonsentraat vir die vetmesting van beeste. Meng saam met mielies en/of ander grane, voerkalk en hooi om ’n vetmestingsrantsoen te gee:
  • is hoogs gekonsentreerd wat vervoerkoste verlaag
  • bevat Monensin-Na wat die voeromset mag verbeter 
  • bevat Sinkbasitrasien wat massatoename stimuleer en voeromset verder verbeter 
  • bevat die nodige minerale en spoorminerale asook Vitamien A. Weens die lae insluiting van Voermol Super 80, word die Voermolstelsel (hooi en kragvoer apart) nie aanbeveel nie. 



LW. Bevat medikamente en moet dus nie aan perde gevoer word nie. Moet nie ongemeng gevoer word nie.

MENG- EN VOEDINGSINSTRUKSIES
Om doeltreffende voerbenutting te verseker is dit belangrik dat ’n hormoon inplantaat (groeistimulant) gebruik word. Volg die normale inentingsprogram, vir voerkraalsiektes, soos deur ’n veearts voorgeskryf.

Die volgende tabel gee ’n verskeidenheid van mengsels met Voermol Super 80. Mengsels is volledige rantsoene wat ad lib. gevoer moet word. Mengsels 5 en 6 is afrondrantsoene met Voermol Zilmol.
 

  1. Tussen 80 kg en 120 kg van die mieliemeel per mengsel, kan met Voermol Melassemeel vervang word. 
  2. Indien opblaas ’n probleem is, verhoog die ruvoer met tussen 20 kg en 30 kg/mengsel ten koste van mieliemeel. 
  3. Indien slegs een mengsel gebruik word (van begin tot slag), voer die Groeimengsel en voer addisionele hooi apart tydens die eerste 14 dae van aanpassing. Hierdie voerpraktyk is geskik vir swaarder kalwers, beginmassa 250 kg plus. 
  4. Dir afrondmengsels bevat Zilpatherol-HCL. Voer vir die laaste 30 dae van die voerperiode. Onttrek vir ten minste 48 ure. Voer die Groeimengsel tydens die onttrekkingsperiode. 

Sien Voermol Zilmol 
  • Suitable for Beef Cows
VOERMOL SUPER 80

Moet 'n agent u kontak oor hierdie produk?

Kliek Hier

TEGNIESE SPAN

Ulrich Müller - Tegniese Bestuurder:
Voerkraal-, Wild- & Volstruisvoeding


Soek produkte