VOERMOL DUNDEE LEKKONSENTRAAT

Klas : Proteïen- en Spoormineraalkonsentraat vir Beeste

VOERMOL DUNDEE LEKKONSENTRAAT is ’n lekkonsentraat vir die tuismeng van veelekke:
  • moet met sout en ander bestanddele gemeng word om ’n onderhoudslek of produksielek te gee
  • is hoogs gekonsentreerd wat vervoerkostes verlaag 
  • bevat ’n hoë vlak van melasse wat help om “droëgalsiekte” te voorkom a.g.v. die hoë kaliuminhoud van melasse wat matig lakserend is 
  • verskaf spoorelemente waarvan daar ’n gebrek in veldweiding mag wees. Verder is die spoorminerale ook noodsaaklik vir optimum eetlus en vrugbaarheid. 
 
MENG- EN VOERINSTRUKSIES
Die tabel wat volg gee verskeie aanwendingsopsies vir Voermol Dundee Lekkonsentraat. Vir verdere aanbevelings kontak asseblief u naaste Voermol Agent of ’n veekundige. L.W. Moet nie ongemeng voer nie.

AANBEVELING
Mengsel 1: Hierdie onderhoudslek is hoogs gekonsentreerd. Voer dus slegs aan beeste waar daar volop droë weiding beskikbaar is. Waak teen te hoë inname wanneer daar nie voldoende weiding is nie.
Mengsel 2: Voer slegs aan beeste waar daar voldoende droë weiding beskikbaar is.
Mengsel 3: Hierdie onderhoudslek is geskik vir lakterende koeie en verse op droë weiding. Hierdie onderhoudslek is hoog in fosfor.
Mengsel 4: Hierdie produksielek is van hoë gehalte en is geskik vir jong groeiende diere op droë weiding.
Mengsel 5: Produksielek vir lakterende koeie.
Sout: Gebruik ’n Graad 2 of beter. Die sout moet nie te grof wees nie. Hoe fyner die sout, hoe beter beheer die sout lekinname. 
  • Suitable for Beef Cows
VOERMOL DUNDEE LEKKONSENTRAAT

Moet 'n agent u kontak oor hierdie produk?

Kliek Hier

TEGNIESE SPAN

Ulrich Müller - Tegniese Bestuurder:
Voerkraal-, Wild- & Volstruisvoeding


Soek produkte