VOERMOL HOËVELDLEK

Klas : Proteïen-, Mineraal- en Spoormineraalaanvulling vir Herkouers

VOERMOL HOËVELDLEK is ’n kostedoeltreffende onderhoudslek vir beeste in gebiede met fosfaatarme winterweidings:
  • is ’n klaargemengde lek wat vertering van droë ruvoer aanhelp aangesien dit proteïen en spoorelemente verskaf wat die mikroorganismes in die grootpens stimuleer 
  • veral geskik vir diere met ’n hoër fosfaatbehoefte op droë weidings 
  • help om droë galsiek te voorkom, aangesien melasse matig lakserend is 
  • verskaf spoorelemente wat noodsaaklik is vir optimum eetlus en vrugbaarheid 
  • is ’n gekonsentreerde bron van proteïen wat aanleiding gee tot ’n laer koste per eenheid proteïen 
  • kan met mieliemeel, hominy chop of enige graan gemeng word om ’n produksielek te gee. 



VOEDINGSINSTRUKSIES
Voermol Hoëveldlek kan ongemeng as ’n onderhoudslek gevoer word of dit kan met graan gemeng (50:50) word om ’n produksielek te gee. Die inname van die lek sal beïnvloed word deur die kwaliteit van weiding, produksiestatus van die diere en die soutinhoud van die drinkwater.

AANBEVOLE INNAMES (g/dier/dag)
Beeste:                            375 – 600
Skape:                             65 – 100 
  • Suitable for Beef Cows
VOERMOL HOËVELDLEK

Moet 'n agent u kontak oor hierdie produk?

Kliek Hier

TEGNIESE SPAN

Hendrik van Pletzen - Tegniese Bestuurder:
Vleisbeesbestuur, voeding, weidings, produksiestelsels en ekonomie.


Soek produkte