VOERMOL MAXIWOL KONSENTRAAT
Klas : Proteïen-, Mineraal- en Spoormineraalkonsentraat vir Skape
VOERMOL MAXIWOLKONSENTRAAT is ’n hoë kwaliteit lekkonsentraat vir die tuismeng van lekke, spesiaal geformuleer om wol- en veselgroei te bevorder asook om uierontwikkeling, bies- en melkproduksie van skaap- en bokooie te stimuleer:
- gemeng met sout, bevorder dit produksie van wol, vesel, melk en vleis omdat dit ’n relatief hoë persentasie goeie gehalte natuurlike proteïene (deurvloeiproteïen) bevat
- voorsien ‘n hoë vlak van deurvloeiproteïen wat die prestasie van produserende diere betekenisvol verbeter (Sien Voermol Maxiwol Produksiekorrels p. 38)
- help om ruvoer- en weidinginname te stimuleer en sodoende produksie te verbeter
- is aanpasbaar, die soutvlak kan aangepas word om die gewenste inname te verseker
- is ’n melassegebaseerde produk, waai nie weg nie en verseker ’n goeie inname omdat dit smaaklik is
- die relatief lae ureuminhoud en hoë inhoud van deurvloeiproteïen maak dit geskik vir ander gebruike soos die uitgroei van jongskape.
Voermol Maxiwolkonsentraat kan ook as ’n HPK in suiwelmele vir melkkoeie op natuurlike weiding gebruik word.
MENG- EN VOEDINGSINSTRUKSIES Gemeng met sout kan Voermol Maxiwolkonsentraat gevoer word as ’n onderhoudslek of dit kan gemeng word met sout en graan as ’n produksielek vir produserende kleinvee. Die inname van die lek sal beïnvloed word deur kwaliteit en kwantiteit van weiding, die fisiologiese status, kondisie van diere en soutinhoud van drinkwater.
1 Kan as ’n goeie kwaliteit onderhoudslek op droë weiding vir droë, vroeë en middragtige skape en -bokke gebruik word. Lek 1: As aanvulling op Karoo bossieveld, groen natuurlike grasveld of enige groen aangeplante weiding (bv. raaigras, kikoejoe, lusern, klawer ens.)
Lek 2: As aanvulling op gemengde droë Karooveld (gras en Karoo bossieveld gemeng).
Lek 3: As aanvulling op droë natuurlike grasveld, enige ander droë grasweiding of droë oesreste (bv. afgeoeste kleingraan- of mielielande) met min of geen graanpitte.
L.W. Moenie ongemeng voer nie. Weens die moontlikheid van blaasstene moet Maxiwolgebaseerde lekke nie vir lang periodes (meer as 6 weke) teen hoë peile (meer as 350 g/dag) vir teelramme gevoer word nie.