VOERMOL MAXIWOL PRODUKSIEKORREL

Klas : Proteïen-, Mineraal- en Energie-aanvulling vir Skape en Bokke

VOERMOL MAXIWOL PRODUKSIEKORRELS is ’n klaargemengde hoë kwaliteit lek vir skape en bokke in korrelvorm:
  • is gerieflik om te gebruik en is veral geskik waar probleme ondervind word om lekke te meng weens arbeidsprobleme, lekbakke en/of grane nie beskikbaar is nie of te duur is
  • beperk vermorsing en windverlies omdat dit in korrelvorm is 
  • bevat voldoende inname-inhibeerders om inname te reguleer 
  • is ’n lek en nie ’n volvoer nie en daarom moet voldoende ruvoer te alle tye beskikbaar wees 
  • voorsien deurvloeiproteïen, energie en minerale wat produksie stimuleer 
  • kan met groot welslae as ’n goeie kwaliteit onderhoudslek op droë weiding vir enige klas kleinvee gebruik word 
  • is veral geskik vir laatdragtige en lakterende skaap-, Angora- en Boerbokooie weens die hoë deurvloeiproteïeninhoud 
  • verseker 'n hoë inname van deurvloeiproteïen wat die volgende voordele het: 
    • Verlaag lamvrektes by kleinvee omdat dit uierontwikkeling stimuleer en gevolglik bies- en melkproduksie verhoog, moedereienskappe en lewenskragtigheid van lammers met geboorte verbeter, asook die voorkoms van geboorteprobleme, domsiekte en melkkoors verlaag. 
    • Verlaag lamvrektes omdat dit die voorkoms van abnormale dik en taai bies voorkom. Hierdie kondensmelkagtige biesmelk hou verband met hoë lamvrektes aangesien dit saam gaan met lae bies- en melkproduksie asook vertraagde aanvang van laktasie. 
    • Verhoog lamgroei en verlaag die voorkoms van boepens- en hanslammers omdat dit melkproduksie stimuleer. 
    • Verhoog groei van jongdiere deurdat dit spiergroei bevorder. Dit het hoër speenmassas en beter uitgroei van jongdiere tot gevolg. 
    • Bevorder wolgroei van wolskape en veselgroei van Angorabokke. Verhoog ook die treksterkte van wolvesel en Angorahaar. 
    • Stimuleer die inname van ruvoer en droë weidings en verbeter sodoende produksie. 
    • Verminder die impak wat parasietbesmetting op die produktiwiteit van kleinvee het deurdat dit die immunologiese weerstand van diere veral tydens tye van stres (bv. paring, laatdragtigheid, lam- en speentyd, ensovoorts) verhoog. 



VOEDINGSINSTRUKSIES
Voermol Maxiwol Produksiekorrels is ’n klaargemengde lek. Voer in lekbakke of op harde oppervlaktes aan weidende diere op droë weiding. Die lekinname sal beïnvloed word deur die kwaliteit en kwantiteit van die weiding, fisiologiese status asook kondisie van die diere en die soutinhoud van die drinkwater en weiding.

AANBEVOLE INNAMES (g/dier/dag)
Onderhoud:                         150 – 250
Groeiende jongdiere:        250 – 500
Dragtigheid:
eerste 3 maande                200 – 250
laaste 2 maande                250 – 350
Lakterende ooie:                300 – 500
Prikkelvoeding van ooie:   300 – 400

L.W. Weens die moontlikheid van blaasstene moet Maxiwol Produksiekorrels nie vir lang periodes (meer as 6 weke) teen hoë peile (meer as 350 g/dag) vir teelramme gevoer word nie. 
  • Suitable for Sheep and Goats
VOERMOL MAXIWOL PRODUKSIEKORREL

Moet 'n agent u kontak oor hierdie produk?

Kliek Hier

TEGNIESE SPAN

Voermol - Tegniese Direkteur:
Voeding, Bestuur & Kleinveeteling


Verwante Artikels

  • SUKSESVOLLE BINDING BEPERK LAMVREKTES
    BY Voermol Voere - 22 November 2009
    SUKSESVOLLE BINDING BEPERK LAMVREKTES

    Lamoorlewing is grootliks afhanklik van 'n eksklusiewe band wat tussen die ooi en haar lam(mers) kort na geboorte gevorm word (Alexander, 1988; Lindsay et al., 1990) terwyl die vermoë van lammers om...

  • SUKSESVOLLE BINDING BEPERK LAMVREKTES
    BY Dr. Jasper Coetzee - 20 November 2009
    SUKSESVOLLE BINDING BEPERK LAMVREKTES

    Lamoorlewing is grootliks afhanklik van 'n eksklusiewe band wat tussen die ooi en haar lam(mers) kort na geboorte gevorm word (Alexander, 1988; Lindsay et al., 1990) terwyl die vermoë van lammers om...

Soek produkte