VOERMOL MAXIWOL READYMIX

Klas : Proteïen- en Spoormineraalaanvulling vir Skape

VOERMOL MAXIWOL READYMIX is ‘n hoë kwaliteit klaargemengde lek in meelvorm vir skape en bokke op droë weiding. Dit:
  • is gerieflik om te gebruik omdat geen vermenging nodig is nie en is veral geskik waar probleme ondervind word om lekke te meng weens arbeidsprobleme, lekbakke nie beskikbaar is nie, grane nie beskikbaar is nie of te duur is
  • beperk vermorsing en windverlies omdat dit melassegebaseer is 
  • is melassegebaseer wat smaaklikheid bevorder en dus goeie inname verseker 
  • bevat voldoende inname-inhibeerders om inname te reguleer 
  • is ’n lek en nie ’n volvoer nie en daarom moet voldoende weiding of ruvoer altyd beskikbaar wees 
  • voorsien ’n hoë vlak van natuurlike proteïen (deurvloeiproteïen), energie en minerale wat produksie en reproduksie bevorder 
  • is weens sy hoë deurvloeiproteïeninhoud uiters geskik as ’n produksielek vir laatdragtige en lakterende skaap-, Angora- en Boerbokooie, prikkelvoeding van ooie, vir die uitgroei van speenlammers en vervangingsooie en – is uiters geskik as ’n produksielek vir hamels, droë ooie en ooie gedurende die eerste drie maande van laktasie op baie swak kwaliteit droë weiding 
  • verseker 'n hoë inname van deurvloeiproteïen wat die volgende voordele het: 
    • verlaag lamvrektes by kleinvee omdat dit uierontwikkeling stimuleer en gevolglik bies- en melkproduksie verhoog, moedereienskappe en lewenskragtigheid van lammers met geboorte verbeter asook die voorkoms van geboorteprobleme, domsiekte en melkkoors verlaag 
    • verlaag lamvrektes omdat dit die voorkoms van abnormale dik en taai bies voorkom. Hierdie kondensmelkagtige biesmelk hou verband met hoë lamvrektes aangesien dit saam gaan met lae bies- en melkproduksie asook vertraagde aanvang van laktasie 
    • verhoog lamgroei en verlaag die voorkoms van boepens- en hanslammers omdat dit melkproduksie stimuleer 
    • verhoog groei van jongdiere deurdat dit spiergroei bevorder. Dit het hoër speenmassas en beter uitgroei van jongdiere (bv. vervangingsooitjies) tot gevolg wat leeftydreproduksiepotensiaal verhoog 
    • bevorder wolgroei van wolskape en veselgroei van Angorabokke asook wol- en veselkwaliteit. Dit verhoog terselfdertyd die treksterkte van die wolvesel wat ’n pryspremie tot gevolg het 
    • stimuleer die inname van ruvoer asook dié van droë weidings en verbeter sodoende produksie en,
    • verminder die impak wat parasietbesmetting op die produktiwiteit van diere het deurdat dit die immunologiese weerstand van diere veral tydens tye van stres (bv. paring, laatdragtigheid, lam- en speentyd, ensovoorts) verhoog. 

Voermol Maxiwol Readymix het ten doel om moeitevrye en winsgewender produksie van vleis, wol of hare deur kleinvee op weiding, veral droë weiding, te verseker.



LW. Weens die moontlikheid van blaasstene moet Voermol Maxiwol Readymix nie vir lang periodes (meer as ses weke) teen hoë peile (meer as 350 g/ram/dag) vir teelramme gevoer word nie.

Sien ureumwaarskuwing

VOEDINGSINSTRUKSIES
Voermol Maxiwol Readymix is ’n klaargemengde lek vir kleinvee. Dit moet in lekbakke aan kleinvee op droë weiding gevoer word. Die lekinname sal beïnvloed word deur die gehalte en hoeveelheid van die weiding, fisiologiese status (bv. droog, dragtig, lakterend of groeiend) en kondisie van die diere asook soutinhoud van die drinkwater en weiding.

AANBEVOLE INNAMES                       (g/dier/dag)
Onderhoud:                                           150 – 250
Speenlammers en jongdiere:            250 – 500 (g/ooi/dag)
Dragtige ooie:
eerste 3 maande                                  200 – 250
laaste 2 maande                                  250 – 350
Lakterende ooie:                                  300 – 500
Prikkelvoeding van ooie:                     300 – 400 
  • Suitable for Sheep and Goats
VOERMOL MAXIWOL READYMIX

Moet 'n agent u kontak oor hierdie produk?

Kliek Hier

TEGNIESE SPAN

Voermol - Tegniese Direkteur:
Voeding, Bestuur & Kleinveeteling


Verwante Artikels

  • SUKSESVOLLE BINDING BEPERK LAMVREKTES
    BY Voermol Voere - 22 November 2009
    SUKSESVOLLE BINDING BEPERK LAMVREKTES

    Lamoorlewing is grootliks afhanklik van 'n eksklusiewe band wat tussen die ooi en haar lam(mers) kort na geboorte gevorm word (Alexander, 1988; Lindsay et al., 1990) terwyl die vermoë van lammers om...

  • SUKSESVOLLE BINDING BEPERK LAMVREKTES
    BY Dr. Jasper Coetzee - 20 November 2009
    SUKSESVOLLE BINDING BEPERK LAMVREKTES

    Lamoorlewing is grootliks afhanklik van 'n eksklusiewe band wat tussen die ooi en haar lam(mers) kort na geboorte gevorm word (Alexander, 1988; Lindsay et al., 1990) terwyl die vermoë van lammers om...

Soek produkte