VOERMOL WILDSBLOK
Klas : Proteïenaanvulling vir Wild
VOERMOL WILDSBLOK is ’n proteïen-, energie-, mineraal- en spoormineraalaanvulling vir wild en herkouers:
- bevat geen ureum of medikamente nie
- word net so (ongemeng) as aanvulling aan grasvreters op droë veldweiding gevoer
- voorkom massaverlies van diere wat op droë veldweiding wei en verhoog produksie
- is met aalwynekstrak verryk.
VOEDINGSINSTRUKSIES Wild: Gee vrye toegang aan alle soorte wild op droë weiding. Blokinname sal varieer afhangende van die kwaliteit en kwantiteit van die weiding asook die grootte van die dier.
Lakterende ooie: Gee vrye toegang aan ooie wat wei.
AANBEVOLE INNAMES Wild: 150 – 250 g per 50 kg liggaamsmassa
Ooie: 170 – 350 g/dag