VOERMOL WINSLEKKONSENTRAAT

Klas : Proteïen-, Mineraal- en Spoormineraalkonsentraat vir Herkouers

VOERMOL WINSLEKKONSENTRAAT is ’n lekkonsentraat vir die meng van ’n goeie kwaliteit onderhoud- of produksielek as aanvulling tot enige tipe droë weiding (bv. droë natuurlike grasveld, Karoobossies en gemengde veld asook oesreste) om die benutting daarvan te verbeter:
  • gemeng met sout gee dit ’n goeie kwaliteit natuurlike proteïen en energieryke onderhoudslek wat massaverlies op droë weiding beperk
  • gemeng met grane en sout gee dit ’n produksielek met goeie kwaliteit natuurlike proteïen en ’n hoë energie-inhoud wat massatoename op droë weiding verhoog 
  • is melassegebaseer wat verseker dat dit nie wegwaai nie en dit bevorder ook smaaklikheid 
  • bevat ureum wat in melasse opgelos is en dus die gevaar van ureumvergiftiging verlaag 
  • voorsien ureum en deurvloeiproteïen wat onderskeidelik ammoniak en aminosure verskaf wat die groei van die rumenmikroorganismes stimuleer waardeur die verteerbaarheid en inname van droë weiding bevorder word 
  • voorsien proteïen wat eetlus stimuleer en dus selektiewe beweiding verminder waardeur die benutting van onsmaaklike droë weiding verbeter word 
  • bevat voldoende swawel wat die omsetting van ureumstikstof na deurvloeiproteïen in die grootpens bevorder en dus doeltreffende benutting van ureum en ander nie-proteïenstikstofbronne verseker 
  • voorsien ’n matige vlak van natuurlike proteïen (deurvloeiproteïen) wat weidingsinname stimuleer en dus produksie bevorder 
  • is ryk aan kalium wat help om droë galsiekte op droë weiding te voorkom 
  • voorsien ’n hoë vlak van spoorelemente in die regte verhouding om die diere se spoorelementstatus op te bou wat die eetlus stimuleer, produksie en reproduksie bevorder asook die dier se immuniteit verhoog 
  • voorsien Vitamien A wat beperkend is in droë weidings 
  • bevat geen medikamente of produkte van dierlike oorsprong nie en is dus geskik vir die produksie van natuurlik geproduseerde vleis (bv. Natural Lamb en Beef) en
  • Winslekkonsentraatmengsels is lekke en nie volvoere nie en daarom moet voldoende ruvoer in die vorm van droë weiding, hooi of strooi altyd ad lib. beskikbaar wees.
 
Onderhoud- en Produksielekmengsels van Voermol Winslekkonsentraat het ten doel om koste-doeltreffende produksie van vleis, wol en vesel te verseker.
 

LW. Voermol Winslekkonsentraat bevat NPN-bronne en moet streng volgens die gebruikaanwysings gemeng en gevoer word.

Sien ureumwaarskuwing op p. 6.

MENGINSTRUKSIES
Meng Voermol Winslekkonsentraat met sout, volgens onderstaande instruksies, om 'n Onderhoudslek en met sout en grane om ’n Produksielek te kry. Lekinname sal beïnvloed word deur die tipe, gehalte en hoeveelheid van die beskikbare droë weiding, fisiologiese status asook die kondisie van die diere en die soutinhoud van die drinkwater en weiding.



LW. Voermol Winslekkonsentraat moenie ongemeng aan diere gevoer word nie!

VOEDINGSINSTRUKSIES
Voer Winslekmengsels in lekbakke aan diere wat droë weiding bewei. Die Onderhoudslekmengsel is veral geskik vir droë skape en bokke asook ooie gedurende die eerste drie maande van dragtigheid (d.i. vroeë en middragtigheid) solank voldoende droë weiding beskikbaar is. Vleisbeeste op volop droë weiding sal baie baat by die Onderhoudslekmengsel weens die inname van ’n matige hoeveelheid deurvloeiproteïen wat produksie en reproduksie bevorder.

Die Produksielekmengsel moet aan droë skape en bokke asook ooie gedurende die eerste drie maande van dragtigheid op droë weiding gevoer word indien hulle kondisie nie na wense is nie of as hulle begin massa verloor wanneer die droë weiding se gehalte en/of hoeveelheid begin afneem. Die Produksielekmengsel is uiters geskik om massaverlies na kalwing te voorkom of om die uitgroei van vervangingsooie en -verse te bevorder.

Die Produksielekmengsel kan ook as ’n prikkellek vir beide ooie en koeie op droë weiding gebruik word. Die Produksielekmengsel kan ook dien as ’n proteïenen energie-aanvulling tot hooi waar die beskikbare weiding onvoldoende is.

ALTERNATIEWE GEBRUIKE
Op goeie kwaliteit, volop droë weiding met ’n redelike proteïeninhoud (meer as 9 % proteïen) soos byvoorbeeld Karoobossies en Gemengde Karooveld kan die Winslek Produksielekmengsel vir laatdragtige ooie met enkelingfetusse en ooie wat enkelinge soog gevoer word. Op droë weiding met ’n proteïeninhoud van minder as 9 % (bv. droë natuurlike grasveld en graanstoppellande) moet egter vir hierdie klas diere een van Voermol se Maxiwollekke gevoer word.

Op goeie kwaliteit, volop droë weiding met ’n redelike proteïeninhoud (meer as 9 % proteïen) kan die Winslek Produksielekmengsel vir laatdragtige ooie met tweelingfetusse vanaf agt weke tot vier weke voor lam gevoer word. Vanaf vier weke voor lam tot agt weke na lam moet die Winslek Produksielekmengsel verander word deur ekstra deurvloeiproteïen by te voeg (bv. 250 kg Winslekkonsentraat + 400 kg gemaalde mielies of heel kleingrane + 250 kg Voermol Procon 33 + 100 kg sout) of een van Voermol se Maxiwollekke moet vir hierdie klas diere vir hierdie tydperk gevoer word. Vanaf agt weke na lam kan die oorspronklike Winslek Produksielekmengsel (sien Tabel op bladsy 55) weer vir ooie wat tweelinge soog, gevoer word, mits goeie kwaliteit, volop droë weiding steeds beskikbaar is. 
  • Suitable for Sheep and Goats
VOERMOL WINSLEKKONSENTRAAT

Moet 'n agent u kontak oor hierdie produk?

Kliek Hier

TEGNIESE SPAN


Verwante Artikels

Soek produkte