VOERMOL MOLOVITE

Klas : Mineraal- en Energie-aanvulling vir Herkouers

VOERMOL MOLOVITE is ’n energie-minerale-aanvulling met 10 % ruproteïen wat geen NPN bevat nie. Molovite is die ideale lekaanvulling vir herkouers op bemeste aangeplante weidings en proteïenryke bone-weidings:
  • is klaargemeng en kan net so gebruik word
  • bevat geen NPN nie omdat voldoende hoeveelhede NPN deur die bemeste weiding verskaf word 
  • voorsien energie, natuurlike proteïene, spoorminerale en minerale wat die beperkende voedingstowwe op bemeste aangeplante weidings en boneweidings is 
  • bevat min sout en is melasse gebaseer wat goeie innames verseker 
  • bevat medikamente wat die doeltreffendheid van energie benutting op bemeste weidings verbeter 
  • help om koksidiose, domsiekte en ketose in diere te beperk. 
 
GEBRUIKE VAN MOLOVITE
  • Molovite kan gebruik word vir beeste, skape en bokke en is veral geskik vir jong groeiende en produserende diere. 
  • Molovite is by uitstek geskik as aanvulling op bemeste, besproeide en droëland aangeplante weidings soos bv. raaigras, langswenkgras, gras-klawer mengsels, Smutsvingergras, Bloubuffelgras, Oulandsgras, Kikoejoe, Stergras en groenvoere soos bv. hawer, rog, korog en koring. 
  • Molovite kan ook gebruik word op bone-reste, byvoorbeeld sojaen droëboonreste en staande boontjieweidings soos akkerbone en dolichosbone. 

VOERINSTRUKSIES
Voer in lekbakke met voldoende vreetspasie.

AANBEVOLE INNAMES (g/dier/dag)
Beeste: 1 000 – 1 200
Skape: 180 – 200

Om diere vinniger op weidings af te rond, meng Voermol Molovite in gelyke dele met graanmeel en voer die mengsel vir beeste teen 2 kg/bees/dag en skape teen 350 g/skaap/dag.

L.W. Bevat medikamente en moet dus nie aan perde gevoer word nie. 
  • Suitable for Sheep and Goats
  • Suitable for Beef Cows
VOERMOL MOLOVITE

Moet 'n agent u kontak oor hierdie produk?

Kliek Hier

TEGNIESE SPAN

Hendrik van Pletzen - Tegniese Bestuurder:
Vleisbeesbestuur, voeding, weidings, produksiestelsels en ekonomie.


Verwante Artikels

  • LANDELEK VIR DIE OPTIMALE BENUTTING VAN OESRESTE EN WEIMIELIES
    BY Hendrik van Pletzen - 10 December 2009
    LANDELEK VIR DIE OPTIMALE BENUTTING VAN OESRESTE EN WEIMIELIES

    Oesreste van kontantgewasse soos mielies, graansorghum, sonneblom, sojabone en kleingrane maak ‘n belangrike deel van die voervloeiprogram van veeboerdery in die saaigebiede uit.

  • RIGLYNE VIR LEKAANVULLING OP  GROEN WEIDINGS
    BY Hendrik van Pletzen - 10 December 2009
    RIGLYNE VIR LEKAANVULLING OP GROEN WEIDINGS

    Op groen somerweiding is fosfor oor die algemeen die belangrikste tekort, maar volgens nuutste navorsingsresultate en algemene probleme wat boere ondervind, kom spoorelementtekorte toenemend voor.

Soek produkte