VOERMOL SUPERLAMKORRELS

Klas : Proteïen-, Mineraal- en Spoormineraalaanvulling vir Herkouers

VOERMOL SUPERLAMKORRELS is ’n klaargemengde, hoë kwaliteit aanvulling vir herkouers in korrelvorm wat spesiaal ontwikkel is vir die afronding van speenlammers op ’n digte stand, volop aktiefgroeiende, smaaklike en groen blaarryke natuurlike grasveld of aangeplante weiding van ’n hoë gehalte. Dit:
  • is maklik om te hanteer asook gerieflik om te gebruik en is veral geskik waar probleme ondervind word om lekke te meng weens arbeidsprobleme, lekbakke nie beskikbaar is nie, grane nie beskikbaar is nie of te duur is 
  • beperk vermorsing en windverlies omdat dit in korrelvorm is 
  • is melassegebaseer wat smaaklikheid bevorder en dus voldoende inname op groenweiding verseker asook Karoo Bossieveld waar dikwels probleme met inname van lekke ondervind word 
  • is ureumvry en bevat ’n baie hoë vlak van goeie gehalte natuurlike proteïen 
  • voorsien ’n baie hoë vlak van natuurlike proteïen (deurvloeiproteïen) wat spiergroei bevorder, weidingsinname stimuleer en voeromset verbeter 
  • voorsien ’n hoë vlak van energie en minerale wat saam met deurvloeiproteïen groei stimuleer en voeromset verbeter 
  • bevat ’n anioonsout wat blaasstene by manlike diere help voorkom 
  • bevat medikamente wat energiebenutting verhoog en massatoename versnel en dus voeromset verbeter asook koksidiose help voorkom 
  • help om speenlammers tot 30 dae gouer af te rond 
  • verhoog die vleiswaarde van ’n skraal nie-markklaardier deur sy graad te verbeter 
  • vereis minder insette in terme van fasiliteite, bestuur en arbeid as voerkraalafronding en skep ’n stresvrye omgewing 
  • is weens die baie hoë deurvloeiproteïeninhoud ook uiters geskik vir laatdragtige ooie met tweelingfetusse, lakterende ooie wat tweelinge soog, prikkelvoer vir teelooie en -ramme voor paring asook vir die uitgroei van jong vervangingsooie op enige tipe groenweiding asook Karoo Bossieveld. Dit kan ook as ’n aanvulling vir die grootmaak van ramme op weiding gebruik word. Die hoë deurvloeiproteïeninname bevorder testisgroei en spermproduksie van ramme wat bevorderlik is vir ’n hoë lampersentasie 
  • is 'n lek en nie 'n volvoer nie en daarom moet voldoende groenweiding altyd beskikbaar wees. 

Voermol Superlamkorrels het ten doel om moeitevrye en winsgewende afronding van speenlammers op enige tipe groenweiding te verseker. Die welslae van die voer van ’n aanvulling in korrelvorm is deels toe te skryf aan die eweredige inname daarvan en die feit dat feitlik alle diere dit eet asook nie-selektiewe inname daarvan.

 
LW. Voermol Superlamkorrels bevat medikamente en kan toksies wees indien die aanbevole inname peile oorskry word of as dit aan perde en sekere tipes wild gevoer word.

VOERINSTRUKSIES EN AANBEVOLE INNAMES VIR AFRONDING
Voermol Superlamkorrels is ’n klaargemengde aanvulling in korrelvorm. Dit moet daagliks in bakke of op harde oppervlaktes aan speenlammers op ’n digte stand, volop aktief-groeiende, smaaklike, welige en groen blaarryke weiding teen 300 tot 500 g/speenlam gevoer word. Daar moet voldoende vreetspasie wees sodat alle diere gelyktydig kan vreet. Selfvoerders moet nie gebruik word nie omdat diere dan meer as die aanbevole peil, wat toksies kan wees, kan inneem. Dit word hoogs aanbeveel om diere eers vir 7 tot 10 dae aan die Voermol Superlamkorrels gewoond te maak en aan te pas voordat hulle op groenweiding geplaas word.

OM DIE BES MOONTLIKE GROEIRESPONS EN VOEROMSET TE VERSEKER WAAR SPEENLAMMERS OP GROENWEIDING AFGEROND WORD, MOET AAN DIE VOLGENDE VEREISTES VOLDOEN WORD:
  • ’n digte stand, volop aktief groeiende, smaaklike en groen blaarryke weiding van ’n hoë gehalte moet te alle tye beskikbaar wees 
  • hoe beter die gehalte van die weiding, hoe hoër is die groeitempo van die diere 
  • laat slegs die blare afvreet (nie korter as 5 tot 8 cm in die geval van lammers nie) en skuif diere voordat hulle die stingels begin vreet 
  • ’n geskikte oorinplantaat moet gebruik word 
  • Voermol Superlamkorrels moet daagliks in bakke gevoer word met vreetspasie vir elke dier 
  • diere moet in homogene troppe volgens massa, kondisie, ras en geslag verdeel word, goed uitgegroei (minstens 28 tot 32 kg vir lammers) wees en oor ’n hoë groeipotensiaal beskik (kruisrasdiere presteer beter) 
  • ’n laer drakrag en kleiner troppe met ’n vinnige rotasie (elke 7 tot 14 dae of korter) tussen weidingskampe gee ’n heelwat beter respons as ’n hoë drakrag en te groot troppe met stadige rotasie of aanhoudende beweiding en – diere moet teen heersende siektes geïmmuniseer word en met ’n doeltreffende doseermiddel gedoseer word. 

ALTERNATIEWE GEBRUIKE
Voermol Superlamkorrels teen 300 tot 500 g/kleinvee/dag is uiters geskik as ’n aanvulling vir hoogs produserende en reproduserende ooie (bv. jongooie wat vir eerste keer lam, laatdragtige ooie met tweelingfetusse en lakterende ooie wat tweelinge soog asook prikkelvoeding van teelooie) asook vir die optimale uitgroei van speenlammers en vervangingsooitjies op enige tipe groenweiding asook Karoo Bossieveld.

Voermol Superlamkorrels is uiters geskik vir die prikkelvoeding van teelramme vanaf 60 dae voor paring, uitgroei van jong teelramme op weiding óf in ’n veldramtoets asook vir die voorbereiding en afronding van ramme vir veilings of skoue. Voer teen 300 tot 500 g/ram/dag in bakke of op die grond, met vreetspasie vir elke ram, op enige tipe weiding asook Karoo Bossieveld.
  • Suitable for Sheep and Goats
VOERMOL SUPERLAMKORRELS

Moet 'n agent u kontak oor hierdie produk?

Kliek Hier

TEGNIESE SPAN

Voermol - Tegniese Direkteur:
Voeding, Bestuur & Kleinveeteling


Verwante Artikels

Soek produkte