VOERMOL SUPERMOL
Klas : Proteïen-, Mineraal- en Energie-aanvulling vir Herkouers
VOERMOL SUPERMOL is ’n proteïen-energie-minerale-aanvulling vir herkouers op groen veldweiding:
- voorsien energie en proteïen omdat dié voedingstowwe ontbreek op groen veldweiding asook in sekere onbemeste aangeplante weidings
- voorsien fosfor en spoorminerale, die eerste beperkende voedingstowwe in groen weiding
- verseker voldoende innames aangesien dit melasse gebaseer is en dus smaaklik is
- is nie stowwerig nie en sal nie deur die wind weggewaai word nie
- bevat medikamente wat die energiebenutting van groen veldweiding of onbemeste aangeplante weiding bevorder. Dit help ook om ketose, domsiekte en koksidiose teen te werk, asook om aborsies by Angora-ooie te voorkom.
VOEDINGSINSTRUKSIES
Voer in lekbakke. Inname kan tot die gewensde vlak beheer word deur 10 % sout in te meng. Voer aan weidende diere op groen veldweiding of onbemeste aangeplante groenweiding.
AANBEVOLE INNAMES (g/dier/dag)
Beeste: 1 000 – 1 200
Skape: 180 – 200
Indien veldkwaliteit verswak, meng die volgende mengsel en voer teen 2.4 kg/bees/dag en 400 g/skaap/dag.
L.W. Voermol Supermol bevat medikamente en moet dus nie aan perde gevoer word nie.